Die Nelson Mandela-universiteit (NMU) is 'n tersiêre opleidingsinstansie in Suid-Afrika wat grotendeels in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gesetel is. Die universiteit het vanaf sy stigting in 1965 tot in 2005 as die Universiteit van Port Elizabeth (UPE) bekendgestaan, daarna as die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en van 23 Junie 2016 as die Nelson Mandela-universiteit. NMMU gets new name , The Herald, 30 Junie 2016.
Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Geneeskunde Kunste Landbouwetenskappe Natuurwetenskappe Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se Besigheidskool Onderwys Regsgeleerdheid Tegniek, Geboude Omgewing en Inligtingstegnologie
Kampusse Die Suidkampus is 'n reuse kompleks van omtrent 830 hektaar wat voorheen deur die Stadsraad van Port Elizabeth geskenk is. In 1983 word die gebied tot natuurreservaat verklaar.
Die universiteit bestaan tans uit die volgende kampusse: Suidkampus, Somerstrand, Port Elizabeth Noordkampus, Somerstrand, Port Elizabeth 2de Laan-kampus, Somerstrand, Port Elizabeth Missionvale-kampus, Uitenhageweg, Port Elizabeth Birdstraat-kampus, Sentraal, Port Elizabeth Saasveld, George
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Port Elizabeth Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite