duimnael|'n Vuvuzela wat van plastiek gemaak is. duimnael|'n Gestreepte vuvuzela. duimnael|'n Ondersteuner blaas sy vuvuzela tydens die trekking vir die 2010-Wêreldbeker.
Die Vuvuzela of sokkerhoring is 'n Suid-Afrikaanse blaasinstrument wat van hout of plastiek gemaak word en 'n monotone noot produseer as dit geblaas word. Deur die spanning op die lippe te verander kan hoër note ook voorgebring word. Vuvuzelas is ongeveer een meter lank en kan 'n klank van tot 130 desibel voortbring. Dit klink soos 'n diep sirene of 'n olifant se trompetter. Die instrument word hoofsaaklik deur toeskouers tydens sokkerwedstryde geblaas.
Omstredenheid Die gebruik van Vuvuzelas is omstrede en kan spelers en afrigters se aandag aftrek. Tydens die 2009 Sokker-Konfederasiebeker kla kommentators en omroepers dat vuvuzelas te veel lawaai maak.Willem Vissers: Ergernis oor Afrikaanse lawaaitrompet, de Volkskrant, 19 Junie 2009 Ondanks die protes van kommentators en die Spaanse sokkerspeler Xabi Alonso het FIFA besluit om nie vuvuzelas tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te verbied nie.FIFA laat vuvuzela's toe op WK in Suid-Afrika, vi.nl, 17 Julie 2009.
Op 12 Junie 2010, op die tweede dag van die toernooi, spreek Ronaldo ook sy teenkanting teen die instrument uit omdat dit spelers se konsentrasie op die veld beïnvloed.Ronaldo ook moeg vir vuvuzelas , Nuus24, besoek op 13 Junie 2010.
Verwysings
Eksterne skakels
World Cup Mexico 86 - Meksikaanse blaasinstrument van plastiek Webwerf met die oorspronklike Vuvuzela-klank Blaas 'n virtuele Vuvuzela Vuvuzela
Kategorie:Musiek van Suid-Afrika Kategorie:Aerofone Kategorie:Sokker in Suid-Afrika