Xabier Alonso Olano, kortweg Xabi Alonso (gebore 25 November 1981) is 'n Spaanse sokkerafrigter en voormalige -speler wat in die Baskeland gebore is. As speler is hy veral bekend vir sy tyd by Liverpool, Real Madrid en Bayern München. Hy het van 2022 tot 2025 Bayer Leverkusen in die Duitse Bundesliga afgerig, waar hy onder meer die span na die Bundesliga-titel in 2024 gelei het.
Op 25 Mei 2025 het Alonso se voormalige klub, Real Madrid, sy aanstelling as hoofafrigter vir die volgende drie seisoene aangekondig. Op 12 Januarie 2026 het Alonso en Real Madrid in wedersydse instemming uitmekaar gegaan, een dag ná ’n 3–2-nederlaag teen Barcelona in die eindstryd van die Supercopa de España.
Op 17 Mei 2026 het die Premier League-klub Chelsea Alonso as sy nuwe hoofafrigter aangestel op 'n kontrak van vier jaar.
Privaatlewe Xabi Alonso het protes aangeteken teen die gebruik van Vuvuzelas en gevra dat dit verban moet word. Die versoek het egter op dowe ore geval en FIFA het besluit om dit wel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 toe te laat.FIFA laat vuvuzela's toe op WK in Suid-Afrika, vi.nl, 17 Julie 2009.
Xabi Alonso is die seun van Miguel Ángel Alonso en die jongste broer van Mikel Alonso, wat beide op hul tyd professionele sokkerspelers was.
Verwysings
Kategorie:Spaanse sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense