Die elfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Copa Mundial de Fútbol – Argentina ’78; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 1 tot 25 Junie 1978 in Argentinië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Argentinië aangebied is en die vierde in Suid-Amerika.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Argentinië het die trofee gewen nadat hulle Nederland met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Argentinië was ook die vyfde gasheer ná Uruguay in 1930, Italië in 1934, Engeland in 1966 en Wes-Duitsland in 1974 wat die toernooi gewen het. Brasilië het in die derde en Italië in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Wes-Duitsland is in die tweede rondte uitgeskakel.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is beslis tydens die militêre diktatuur wat in 1976 tydens ’n staatsgreep aan bewind gekom het. Dié regse militêre diktatorskap is vir die ontvoering en verdwyning van sowat 30 000 mense tydens ’n soort burgeroorlog teen linkse guerillas en intellektuele verantwoordelik. Die destydse Argentynse bewind het die toernooi vir die tentoonstelling van ’n “suiwer Argentinië” misbruik en dit het ná die titelverowering net ’n kort tyd van gewildheid onder Argentyne geniet.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Iran en Tunisië het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi met die oorspronklike aantal van 16 nasionale sokkerspanne; vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 in Spanje is die aantal na 24 verhoog.
Toewysing duimnael|upright|Juan Perón groet die skare, inspirasie vir die 1978-toernooi se kenteken Argentinië is op 6 Julie 1966 in Londen, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 in Engeland, deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978. Die enigste ander kandidaatland was Meksiko, maar nadat dié land die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 toegewys is, het Meksiko voor die stemming hulself onttrek. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 aan Wes-Duitsland toegewys en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 aan Spanje.
Kwalifisering Die gasheer Argentinië en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en OFC (Oseanië), asook tussen UEFA en CONMEBOL beslis.
Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie7de21974Naaswenner (1930)11de111974Kampioen (1958, 1962, 1970)7de11966Derde plek (1958)7de11966Naaswenner (1938, 1954)1ste1–Debuut9de51974Kampioen (1934, 1938)8ste11970Kwarteindrondte (1970)4de21974Naaswenner (1974)4de11958Derde plek (1954)3de11970Kwarteindrondte (1970)3de21974Derde plek (1974)4de21974Groepfase (1954, 1958, 1974)5de11966Vierde plek (1950)7de31974Naaswenner (1958)1ste1–Debuut9de71974Kampioen (1954, 1974)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Buenos Aires Córdoba Monumental-stadion José Amalfitani-stadion Córdoba-stadion Kapasiteit: 74 624 Kapasiteit: 49 540 Kapasiteit: 46 083 200px 200px 200px Mar del Plata Rosario Mendoza José María Minella-stadion Gigante de Arroyito-stadion Ciudad de Mendoza-stadion Kapasiteit: 43 542 Kapasiteit: 41 654 Kapasiteit: 34 875 200px 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is oor 25 dae tussen 16 verskillende nasies oor 38 wedstryde uitgespeel. Dit het op 1 Junie 1978 op die Monumental-stadion in Buenos Aires met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Wes-Duitsland en Pole afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 25 Junie met die eindstryd tussen Nederland en Argentinië, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteJunieDo1Vr2Sa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10So11Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep 1 | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep 3
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2Groep 4
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2Tweede rondteJunieMa12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Groep A
| bgcolor=#7DF9FF| 2
| bgcolor=#7DF9FF| 2
| bgcolor=#7DF9FF| 2Groep B
| bgcolor=#7DF9FF| 2
| bgcolor=#7DF9FF| 2
| bgcolor=#7DF9FF| 2UitklopfaseJunieDo22Vr23Sa24So25Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Tweede rondte Die tweede rondte het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner van die klein finale deur ’n strafskopkompetisie bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag binne enkele dae herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n strafskopkompetisie beslis word.
Wedstryde Kwalifiseer vir die tweede rondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende klein finale en die eindstryd. Die loting is op 14 Januarie 1978 in die Centro Cultural General San Martín in Buenos Aires gehou.
Eerste rondte 16 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van albei groepe in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
Die groepswedstryd tussen Frankryk en Hongarye was opvallend omdat albei spanne vir die wedstryd opgedaag het met wit truie, en Frankryk gevolglik gedwing was om wit-en-groen gestreepte truie by die plaaslike klub Kimberley de Mar del Plata te leen.
Groep 1 duimnael|Wedstryd tussen Italië en Frankryk Land330062+46320143+14310255±02300338–50
Groep 2 duimnael|Die Tunisiese nasionale sokkerspan in 1978 Land321041+35312060+64311132+133003212–100
Groep 3 Land320132+14312021+14311122±03301213–21
Groep 4 duimnael|Wedstryd tussen Peru en Skotland Land321072+55311153+23311156–13301228–61
Tweede rondte Kwalifiseer vir die eindstryd.Kwalifiseer vir die bronseindstryd.Uit die toernooi geskakel. Groep A Land321094+55311122±03302145–12310248–42
Groep B duimnael|Wedstryd tussen Argentinië en Pole Land321080+85321061+55310225–323003010–100
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1978
FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1978-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Argentinië duimnael|upright|Daniel Passarella wys die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat Argentinië die toernooi gewen het RangSpanGroepe 1 1/B 7 5 1 1 15 4 +11 11 2 4/A 7 3 2 2 15 10 +5 8 3 3/B 7 4 3 0 10 3 +7 11 4 1/A 7 4 1 2 9 6 +3 9 In die tweede rondte uitgeskakel 5 2/B 6 3 1 2 6 6 ±0 7 6 2/A 6 1 4 1 10 5 +5 6 7 3/A 6 3 0 3 7 10 −3 6 8 4/B 6 2 1 3 7 12 −5 5 In die eerste rondte uitgeskakel 9 2 3 1 1 1 3 2 +1 3 10 3 3 1 1 1 2 2 ±0 3 11 4 3 1 1 1 5 6 −1 3 12 1 3 1 0 2 5 5 ±0 2 13 3 3 0 1 2 1 3 −2 1 14 4 3 0 1 2 2 8 −6 1 15 1 3 0 0 3 3 8 −5 0 16 2 3 0 0 3 2 12 −10 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Mario Kempes 6 2 Teófilo Cubillas 5 Rob Rensenbrink 5 4 Hans Krankl 4 Leopoldo Luque 4 6 Johnny Rep 3 Karl-Heinz Rummenigge 3 Dinamite 3 Dirceu 3 Paolo Rossi 3 Rang Speler Doele 11 Archie Gemmill 2 Nelinho 2 Dieter Müller 2 Heinz Flohe 2 Zbigniew Boniek 2 Ernie Brandts 2 Daniel Bertoni 2 Roberto Bettega 2 Grzegorz Lato 2 Arie Haan 2 duimnael|upright|Mario Kempes
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: Argentina 1978: Moustache-less matador worldcup-history.com: Argentina, 1978 rsssf.com: World Cup 1978
1978 Kategorie:Geskiedenis van Argentinië Kategorie:Sokkerkompetisies in Argentinië Kategorie:Sport in 1978