Die 13de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Copa Mundial de Fútbol – México ’86; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 29 Junie 1986 in Meksiko aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Meksiko en Noord-Amerika gehou is, ná die 1970-toernooi. Meksiko het daarmee die eerste land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het. Daarbenewens was dit die derde agtereenvolgende Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in ’n Spaanstalige land beslis is, ná die toernooie van 1978 in Argentinië en 1982 in Spanje.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde plek spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Argentinië het die trofee gewen nadat hulle Wes-Duitsland met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Diego Maradona is as die beste speler van die toernooi aangewys en hy word veral vir sy “hand van god” en “doel van die eeu” tydens die kwarteindrondte teen Engeland onthou; Maradona het altesaam vyf doele vir Argentinië aangeteken en ’n verdere vyf vir sy spanmaats voorberei. Frankryk het in die derde en België in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Italië is in die agtste eindrondte uitgeskakel, terwyl die gasheer Meksiko die kwarteindrondte gehaal het.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Denemarke, Irak en Kanada het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 word ook vir die “Meksikaanse golf” (la ola, “die golf”) onthou wat deur ondersteuners tydens dié toernooi uitgevind is en in wêreldwye sokker gewild geraak het.
Toewysing Oorspronklik is Colombia op 9 Junie 1974 in Frankfurt am Main, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 in Wes-Duitsland, as gasheerland aangewys, maar nadat die aantal spanne van 16 na 24 verhoog is, was dié land nie meer in staat om die toernooi te organiseer nie. Op 5 November 1982 het Colombia amptelik onttrek. FIFA het op 20 Mei 1983 in Stockholm Meksiko as gasheerland aangewys. Daarmee het dit die eerste land geword, wat die Sokker-Wêreldbekertoernooi vir ’n tweede keer aangebied het. Ander kandidaatlande was Kanada en die Verenigde State.
Kwalifisering Die gasheer Meksiko en die verdedigende kampioen Italië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 gekwalifiseer. Van die 22 oorblywende plekke is twaalf vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), twee elk vir CAF (Afrika) en AFC (Asië) asook een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen UEFA en OFC (Oseanië) beslis.
Kwalifiserende spanne Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereen-volgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie2de21982Groepfase (1982)9de41982Kampioen (1978)7de21982Tweede rondte (1982)13de131982Kampioen (1958, 1962, 1970)5de11974Groepfase (1962, 1966, 1970, 1974)1ste1–Debuut8ste21982Kampioen (1966)9de31982Derde plek (1958)9de31982Naaswenner (1938, 1954)1ste1–Debuut11de71982Kampioen (1934, 1938, 1982)1ste1–Debuut2de11970Groepfase (1970)9de11978Kwarteindrondte (1970)3de21982Kwarteindrondte (1958)4de11958Groepfase (1930, 1950, 1958)5de41982Derde plek (1974, 1982)2de11966Derde plek (1966)6de41982Groepfase (1954, 1958, 1974, 1978, 1982)6de21982Vierde plek (1966)7de31982Vierde plek (1950)2de11954Groepfase (1954)8ste11974Kampioen (1930, 1950)11de91982Kampioen (1954, 1974)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Meksikostad Guadalajara Puebla de Zaragoza Estadio Azteca Estadio Olímpico Universitario Estadio Jalisco Estadio Cuauhtémoc <small> <small> <small> <small> Kapasiteit: 114 600 Kapasiteit: 72 000 Kapasiteit: 66 000 Kapasiteit: 46 000 200px 200px 200px 200px San Nicolás de los Garza Querétaro Estadio Universitario Estadio La Corregidora <small> <small> Kapasiteit: 44 000 Kapasiteit: 40 785 200px 200px Monterrey León Estadio Tecnológico Estadio Nou Camp <small> <small> Kapasiteit: 38 000 Kapasiteit: 35 000 200px 200px Nezahualcóyotl Irapuato Zapopan Toluca Estadio Neza 86 Estadio Sergio León Chávez Estadio Tres de Marzo Estadio Nemesio Díez <small> <small> <small> <small> Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 32 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 30 000 200px 200px 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 is oor 30 dae tussen 24 verskillende nasies oor 52 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 1986 op die Estadio Azteca in Meksikostad met ’n wedstryd tussen Bulgarye en die verdedigende kampioen Italië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Argentinië en Wes-Duitsland, waartydens Argentinië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMei/JunieSa31So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep D | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep E
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|UitklopfaseJunieSo15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die tweede rondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 15 Desember 1985 in die Televisa San Ángel in Meksikostad gehou.
Groepfase 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Wedstryd tussen Argentinië en Bulgarye Land321062+45312054+14302124–22301247–31
Groep B duimnael|Wedstryd tussen Meksiko en Paraguay Land321042+25312043+14311155±03300314–30
Groep C duimnael|Wedstryd tussen Kanada en Frankryk Land321091+85321051+45310229–72300305–50
Groep D Land330050+56320152+34301226–41301215–41
Groep E duimnael|Wedstryd tussen Uruguay en Wes-Duitsland Land330091+86311134–13302127–52301213–21
Groep F Land312031+24311131+23311113–23310224–22
Ranglys van die derde plek spanne LandGroepB311155±03F311113–23A302124–22E302127–52C310229–72D301226–41
Uitklopfase duimnael|Diego Maradona se bekende “hand van god”-doel vir Argentinië in die kwarteindstryd teen Engeland duimnael|Maradona nadat hy sy beslissende “doel van die eeu” in dieselfde wedstryd teen Engeland aangeteken het duimnael|Jorge Burruchaga teken in die eindstryd die wendoel vir Argentinië teen Wes-Duitsland aan
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1986
FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1986-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Meksiko duimnael|upright|Diego Maradona wys die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat Argentinië die toernooi gewen het RangSpanGroepe 1 A 7 6 1 0 14 5 +9 13 2 E 7 3 2 2 8 7 +1 8 3 C 7 4 2 1 12 6 +6 10 4 B 7 2 2 3 12 15 −3 6 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 D 5 4 1 0 10 1 +9 9 6 B 5 3 2 0 6 2 +4 8 7 D 5 3 1 1 11 4 +7 7 8 F 5 2 1 2 7 3 +4 5 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 E 4 3 0 1 10 6 +4 6 10 C 4 2 1 1 12 5 +7 5 11 F 4 1 2 1 3 2 +1 4 12 A 4 1 2 1 5 6 −1 4 13 B 4 1 2 1 4 6 −2 4 14 F 4 1 1 2 1 7 −6 3 15 A 4 0 2 2 2 6 −4 2 16 E 4 0 2 2 2 8 −6 2 In die groepfase uitgeskakel 17 F 3 1 0 2 2 4 −2 2 18 C 3 1 0 2 2 9 −7 2 19 E 3 0 1 2 1 3 −2 1 20 A 3 0 1 2 4 7 −3 1 21 D 3 0 1 2 2 6 −4 1 22 D 3 0 1 2 1 5 −4 1 23 B 3 0 0 3 1 4 −3 0 24 C 3 0 0 3 0 5 −5 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Gary Lineker 6 2 Emilio Butragueño 5 Careca 5 Diego Maradona 5 5 Alessandro Altobelli 4 Igor Belanof 4 Preben Elkjær Larsen 4 Jorge Valdano 4 9 Jan Ceulemans 3 Nico Claesen 3 Jesper Olsen 3 Rudi Völler 3 Rang Speler Doele 13 Jean-Pierre Papin 2 Abderrazak Khairi 2 Josimar 2 Ramón Calderé 2 Sócrates 2 Romero 2 Roberto Cabañas 2 Jorge Burruchaga 2 Yannick Stopyra 2 Fernando Quirarte 2 Michel Platini 2 Enzo Scifo 2 Klaus Allofs 2 duimnael|upright|Gary Lineker
Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026, saam met Kanada en die Verenigde State
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: Mexico 1986: Maradona shines worldcup-history.com: Mexico, 1986 rsssf.com: World Cup 1986
1986 Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Sokkerkompetisies in Meksiko Kategorie:Sport in 1986