Die Royal Bafokeng Sports Palace is 'n rugby-, sokker- en atletiekstadion in Phokeng naby Rustenburg, Suid-Afrika. Die stadion word besit deur die Royal Bafokeng-nasie, vandaar die naam. Dit is in 2000 gebou en het groter bekendheid verwerf gedurende die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.

duimnael|links|Die Royal Bafokeng-stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Dit is primêr as 'n sokkerstadion gebou, en was die eerste stadion in 'n tradisionele Afrikastad waarin die Nelson Mandela Sokkeruitdaging, die FIFA Konfederasiebeker http://www.fifa.com/confederationscup/destination/stadiums/stadium=5007767/index.html en die FIFA Wêreldbeker gespeel is. http://soccerlens.com/royal-bafokeng-stadium/43794/ Klein aanpassings is vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebring en die kapasiteit is tot 40 000 toeskouers verhoog. Vandag word die stadion vir gemeenskapsametrekke van die Bafokengstam ingespan, sowel as vir atletiekbyeenkomste. Die professionele sokkerspan Platinum Stars speel hul tuiswedstryde in die Premier Sokkerliga in hierdie stadion.

Die stadion is die enigste groot (40 000+) stadion waar die Springbokke 'n 100% wenrekord geniet.

Wedstryde FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers14 Junie 200920:300–5Groep A21 64917 Junie 200920:302–0Groep A36 59821 Junie 200920:300–3Groep B23 14028 Junie 200915:003–2Klein finale31 788

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers12 Junie 201020:301–1Groep C38 64615 Junie 201013:301–1Groep F23 87119 Junie 201016:001–1Groep D34 81222 Junie 201016:000–1Groep A33 42524 Junie 201020:301–3Groep E27 96726 Junie 201020:301–2Agste eindrondte34 976

Afrikanasiesbeker 2013 Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers22 Januarie 201317:002–1Groep D2 00022 Januarie 201320:001–0Groep D8 00026 Januarie 201317:003–0Groep D20 00026 Januarie 201320:000–2Groep D35 00029 Januarie 201320:000–2Groep C15 00030 Januarie 201320:002–2Groep D5 0003 Februarie 201317:001–2Kwarteindrondte25 000

Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf KaapstadMagazine.nl Stadion info op www.go2africa.com

Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rustenburg Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika