Phokeng is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit is die hoofstad van die Royal Bafokeng-nasie en is naby Rustenburg geleë.

Etimologie Phokeng se naam is afgelei vanuit die Setswana woord vir dou, Phoka, daarom die Plek van Dou. Daar word geglo dat die gebied eers in laat 1600's bewoon is.

Mense Die inwoners van Phokeng is deel van die Batswana-stam en hulle totem is 'n krokodil. Hulle verwys na mekaar as kwena of mokwena (wat krokodil beteken).

Sport Die Royal Bafokeng-stadion is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gebruik. Die Engelse nasionale sokkerspan was in Phokeng gesetel vir die duur van die toernooi.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes