Die Royal Bafokeng-nasie is die etniese tuisland van die Fokeng-mense (Sotho: Bafokeng, letterlik "mense van die dou" of "mense van die gras"), 'n Tswana-sprekende tradisionele gemeenskap in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dié nasie se hoofstad is Phokeng en konings of leiers staan as Kgosi bekend. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 het die Royal Bafokeng-nasie veral as eienaar van die Royal Bafokeng-stadion, waar ses wedstryde gespeel is, bekend geword.
Konings van die Royal Bafokeng-nasie duimnael|Die koning van die Royal Bafokeng-nasie, Kgosi Leruo Molotlegi (middel), saam met personeel van die Amerikaanse ambassade van Pretoria, net voor die wedstryd tussen die nasionale sokkerspanne van die VSA en Ghana tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 op 25 Junie 2010 in die Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg, Suid-Afrika. 1834–1891: Kgosi Mokgatle 1891–1896: Kgosi Tumagole 1897–1938: Kgosi Molotlegi 1938–1956: Kgosi Manotshe Molotlegi 1956–1995: Kgosi Lebone Edward Molotlegi 1995–2000: Kgosi Mollwane Molotlegi 2000–hede: Kgosi Leruo Molotlegi
Susterstede Prince George’s County, Maryland, Verenigde State Sister Cities International, Inc. (SCI)
Verwysings
Bronne News Release. (2002, 22 Oktober). King of the Royal Bafokeng Nation in South Africa to Speak at Brown University. Providence, R.I.: The Watson Institute for International Studies, Brown University Cook, Sue. (2008, 15 Oktober). The Royal Bafokeng Nation. Royal Bafokeng Administration
Eksterne skakels
Die Royal Bafokeng-nasie se amptelike webwerf
Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Noordwes