Die 18de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 2006 – Deutschland 2006; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 9 Junie tot 9 Julie 2006 in Duitsland aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Duitsland aangebied is, ná die 1974-toernooi, en die tiende in Europa. Duitsland het daarmee die vierde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986, Italië in 1990 en Frankryk in 1998. Dié toernooi is onder die leuse Die Welt zu Gast bei Freunden (“Die wêreld as ’n gas by vriende”) gehuisves en weens die goeie somerweer en atmosfeer later Sommermärchen (“somersprokie”) genoem. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Italië het die toernooi gewen nadat hulle Frankryk in die eindstryd geklop en sodoende hul vierde wêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Italië 1 – Frankryk 1, maar Italië het met 5–3 ná strafdoele gewen. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Italië regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Die gasheer Duitsland het in die derde en Portugal in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is in die kwarteindrondte uitgeskakel.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Angola, Ghana, Ivoorkus, Oekraïne, Serwië en Montenegro, Togo, Trinidad en Tobago en Tsjeggië het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Oekraïne het vroeër deel uitgemaak van die Sowjetse nasionale sokkerspan, Serwië en Montenegro van die Joego-Slawiese en Tsjeggië van die Tsjeggo-Slowaakse s’n; al drie was van die suksesvolste mededingers tydens Sokker-Wêreldbekertoernooie.

Toewysing duimnael|links|upright|Franz Beckenbauer, hoof van die Duitse reëlingskomitee Duitsland is op 6 Julie 2000 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006. Ander kandidaatlande was Brasilië, Engeland, Marokko en Suid-Afrika, maar Brasilië het voor die stemming hulself onttrek. Suid-Afrika sou uiteindelik gasheer vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 10 11 12 6 11 11 5 2 – 3 – –

Kwalifisering Die gasheer Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF, asook tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.

Dit was die eerste keer dat die verdedigende kampioen, destyds Brasilië, nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Verdedigende kampioene het vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 die reg van regstreekse kwalifisering geniet.

Kwalifiserende spanne Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie1ste1–Debuut14de92002Kampioen (1978, 1986)2de11974Groepfase (1974)18de182002Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)3de22002Agtste eindrondte (1990)16de142002Kampioen (1954, 1974, 1990)2de22002Groepfase (2002)12de32002Kampioen (1966)12de32002Kampioen (1998)1ste1–Debuut3de11998Groepfase (1978, 1998)16de122002Kampioen (1934, 1938, 1982)1ste1–Debuut3de32002Agtste eindrondte (2002)3de32002Derde plek (1998)13de42002Kwarteindrondte (1970, 1986)8ste11998Naaswenner (1974, 1978)1ste1–Debuut7de32002Agtste eindrondte (1986, 1998, 2002)7de22002Derde plek (1974, 1982)4de22002Derde plek (1966)4de42002Agtste eindrondte (1994)10de11998Vierde plek (1930, 1962)12de82002Vierde plek (1950)7de62002Vierde plek (2002)11de22002Naaswenner (1958)8ste11994Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)1ste1–Debuut1ste1–Debuut9de11990Naaswenner (1934, 1962)4de32002Groepfase (1978, 1998, 2002)8ste52002Derde plek (1930)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Berlyn Dortmund München Stuttgart Olympiastadion Signal Iduna Park(FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund) Allianz Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, München) Gottlieb-Daimler-Stadion Kapasiteit: 74 176 Kapasiteit: 67 000 Kapasiteit: 66 016 Kapasiteit: 54 267 200px 200px 200px 200px Gelsenkirchen Hamburg Veltins-Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen) AOL Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg) Kapasiteit: 53 804 Kapasiteit: 51 055 200px 200px Frankfurt am Main Keulen Commerzbank-Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main) RheinEnergieStadion(FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen) Kapasiteit: 48 132 Kapasiteit: 46 134 200px 200px Hannover Leipzig Kaiserslautern Neurenberg AWD-Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover) Zentralstadion Fritz-Walter-Stadion EasyCredit-Stadion(Frankenstadion) Kapasiteit: 44 652 Kapasiteit: 44 199 Kapasiteit: 43 450 Kapasiteit: 41 926 200px 200px 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 9 Junie 2006 op die FIFA-wêreldbekerstadion in München met ’n wedstryd tussen die gasheer Duitsland en Costa Rica afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Olympiastadion in Berlyn op 9 Julie met die eindstryd tussen Italië en Frankryk, waartydens Italië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieVr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep D

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep G

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2Groep H

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunie/JulieSa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa1So2Ma3Di4Wo5Do6Vr7Sa8So9Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 9 Desember 2005 in die Handelskouterrein in Leipzig gehou.

Groepfase 32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Costa Rica en Pole Land330082+69320153+26310224–23300339–60

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Swede en Paraguay Land321052+37312032+15310222±03301204–41

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Nederland en Argentinië Land321081+77321031+27310256–133003210–80

Groep D duimnael|Wedstryd tussen Iran en Angola Land330051+49311143+14302112–12301226–41

Groep E duimnael|Wedstryd tussen Tsjeggië en Ghana Land321051+47320143+16310234–13301226–41

Groep F duimnael|Wedstryd tussen Australië en Japan Land330071+69311155±04302123–12301227–51

Groep G duimnael|Wedstryd tussen Togo en Switserland Land321040+47312031+25311134–14300316–50

Groep H duimnael|Wedstryd tussen Oekraïne en Tunisië Land330081+79320154+16301236–31301227–51

Uitklopfase duimnael|Die agtste eindstryd tussen Duitsland en Swede duimnael|Die agtste eindstryd tussen Argentinië en Meksiko duimnael|Die klein finale om die derde plek tussen Duitsland en Portugal duimnael|Die eindstryd tussen Italië en Frankryk

Agtste eindrondte

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokkerwêreldkampioen 2006

FIFA se ranglys Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2006-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Duitsland duimnael|Italië verwelkom die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat hulle die toernooi gewen het