3 Augustus is die 215de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (216de in skrikkeljare). Daar volg nog 150 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1492 – Christophorus Columbus vertrek op sy eerste ontdekkingsreis. 1523 – Pous Adrianus VI sluit hom aan by keiser Karel V. 1645 – Die Tweede slag van Nördlingen tussen Frankryk en die Heilige Roomse Ryk vind plaas. 1789 – Pous Pius VI stel Ludovico Flangini Giovanelli, ouditeur van die Heilige Roomse Rota, aan as kardinaal. 1916 – Sir Roger Casement word gehang weens sy aandeel in die Paasopstand in Ierland. 1937 – Die eerste internasionale sweefvliegtuig-kompetisie word by Rochers de Naye in Switserland gehou. 1957 – Tunku Abdul Rahman, ’n Maleise prins wat in Brittanje gestudeer het, word tot staatshoof verkies voor onafhanklikheid van Brittanje. 1958 – Die duikboot USS Nautilus word die eerste vaartuig om die Noordpool onder water oor te steek. 1960 – Niger word van Frankryk onafhanklik. 2003 – Die Anglikaanse Kerk stem ten gunste van die aanstelling van die eerste openlik gay biskop. 2016 – Suid-Afrikaanse kiesers gaan na die stembus vir 'n munisipale verkiesing.
Geboortes 1872 – Haakon VII van Noorweë, eerste koning van Noorweë († 1957). 1887 – Rupert Brooke, Engelse digter († 1915). 1924 – Max van der Stoel, Nederlandse minister († 2011). 1924 – Leon Uris, Amerikaanse skrywer († 2003). 1925 – L.A.P.A. Munnik, Suid-Afrikaanse politikus († 2016). 1934 – Jonas Savimbi, Angolese versetstryder († 2002). 1936 – Juvénal Habyarimana, Rwandese president († 1994). 1940 – Martin Sheen, Amerikaanse akteur. 1941 – Hage Geingob, Namibiese politikus en derde president van Namibië († 2024). 1947 – Tadahiko Ueda, Japannese sokkerspeler († 2015). 1951 – Jay North, Amerikaanse akteur († 2025). 1954 – Divan Serfontein, Suid-Afrika se nege-en-dertigste Springbokkaptein. 1959 – John C. McGinley, Amerikaanse akteur. 1964 – Lucky Dube, Suid-Afrikaanse reggae-musikant († 2007). 1971 – Kazuaki Tasaka, Japannese sokkerspeler. 1972 – Brigid Brannagh, Amerikaanse aktrise. 1984 – Jon Foster, Amerikaanse akteur. 1989 – Jules Bianchi, Franse F1-renjaer († 2015).
Sterftes 1792 – Richard Arkwright, Engelse uitvinder en toonaangewende entrepreneur (* 1732). 1823 – Jacob Abraham de Mist, staatshoof van die Bataafse Republiek en kommissaris-generaal van die Kaapkolonie 1803-04 (* 1749). 1916 – Roger Casement, Ierse nasionalis (* 1864). 1924 – Joseph Conrad, Pools-Britse skrywer (* 1857). 1942 – James Cruze, rolprentakteur, regisseur en vervaardiger (* 1884). 1954 – Colette, Franse skrywer (* 1873). 1964 – Flannery O'Connor, Amerikaanse outeur (* 1925). 1998 – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis (* 1934). 2002 – Carmen Silvera, Britse aktrise (* 1922). 2004 – Henri Cartier-Bresson, Franse fotograaf (* 1908). 2005 – G.J. Krüger, Afrikaanse digter en apteker (* 1938). 2006 – Elisabeth Schwarzkopf, Duits-Britse sopraan en operasangeres (* 1915). 2011 – Bubba Smith, Amerikaanse akteur en sokkerspeler (* 1945). 2014 – Hennie van Loggerenberg, TV- en radio-persoonlikheid en 'n boereorkeslegende. 2015 – Coleen Gray, Amerikaanse aktrise (* 1922). 2025 – Loni Anderson, Amerikaanse aktrise (* 1946).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Niger (1960)
Kategorie:Augustus