duimnael|200px|Hoeksteenlegging van die Skewe Toring van Pisa.

9 Augustus is die 221ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (222ste in skrikkeljare). Daar volg nog 144 dae in die res van die jaar.

Gebeure 378 – 'n Groot Romeinse leër onder leiding van Keiser Valens word deur die Wes-Gote in die Slag van Adrianopel vernietig. 1173 – Die hoeksteen van die Skewe Toring van Pisa word gelê. 1378 – Die Franse kardinale publiseer hulle griewe teen Pous Urbanus VI. 1471 – Pous Sixtus IV volg Pous Paulus II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1501 – Solothurn word in die Switserse Bondgenootskap opgeneem. 1520 – Pous Leo X stel Eberhard von der Mark, biskop van Chartres, aan as kardinaal. 1644 – Die konklaaf na die dood van Pous Urbanus VIII begin. Dit duur tot 15 September 1644. 1802 – Pous Pius VII stel Domenico Pignatelli di Belmonte, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal. 1847 – Opening van die spoorlyn tussen Zürich en Baden 1902 – Edward VII, word as die koning van Groot-Brittanje gekroon. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Tweede Amerikaanse kernwapen (Fat Man) ontplof bo die Japannese stad Nagasaki. 1965 – Singapoer word van Maleisië onafhanklik. 1969 – Die aktrise Sharon Tate word saam met vier ander slagoffers van ritualistiese moorde deur aanhangers van die Charles Manson-sekte in haar huis in Los Angeles aangetref. 1974 – Gerald Ford volg Richard Nixon op as Amerikaanse President na sy bedanking as gevolg van sy rol in die Watergateskandaal. 2020 – Brad Binder word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n MotoGP wedren wen, nl. die wedren in Tsjeggië. 2022 – 'n Reeks groot ontploffings vind plaas by die Saki-lughawe in die stad Nowofedoriwka, Krim, tydens die Russiese inval in die Oekraïne.

Geboortes 1879 – Mabel Malherbe, Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) († 1964). 1883 – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus († 1933). 1896 – Jean Piaget, Switserse sielkundige († 1980). 1914 – Ferenc Fricsay, Hongaarse dirigent († 1963). 1919 – Leona Woods, Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen († 1986). 1922 – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder († 2004). 1923 – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. († 2014). 1931 – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis († 2015). 1934 – Graeme Gibson, Kanadese skrywer († 2019). 1945 – Jerome Glenn, toekomskundige en uitvoerende direkteur van die Millennium-projek. 1953 – Luuk Gruwez, Vlaamse digter, prosaïs en essayis. 1957 – Melanie Griffith, Amerikaanse aktrise. 1961 – Jan van Aken, Nederlandse skrywer. 1963 – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres († 2012). 1968 – Gillian Anderson, Amerikaanse aktrise. 1972 – Juanes, Colombiaanse pop- en rocksanger. 1985 – Vivek Ramaswamy, Amerikaanse entrepreneur en presidensiële kandidaat.

Sterftes 118 – Pous Primus van Alexandrië vyfde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?) 803 – Irene, keiser van die Bisantynse Ryk (* Circa 752). 1048 – Pous Damasus II, die 151ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1820 – Anders Sparrman, Sweedse natuurkundige en reisiger aan die Kaap (* 1748). 1878 – Antjie Scheepers, Afrikanerpioniersvrou (* 1806). 1883 – Robert Moffat, Suid-Afrikaanse sendeling van Skotse herkoms (* 1795) 1919 – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof (* 1834). 1932 – G.R. von Wielligh, Afrikaanse skrywer (* 1859) 1966 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder (* 1876) 1967 – Joe Orton, Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer (* 1933). 1969 – Sharon Tate, Amerikaanse aktrise (* 1943). 1975 – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis (* 1906). 1998 – Rose Blumkin, Amerikaanse sakevrou (* 1893). 2006 – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike (* 1914). 2017 – I.D. Lamprecht, Afrikaanse skrywer (* 1933).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Nasionale Dag in Singapoer (1965). Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika, 'n openbare vakansiedag.

Kategorie:Augustus