17 Augustus is die 229ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (230ste in skrikkeljare). Daar volg nog 136 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|regs|125px|Vlag van Gaboen 682 – Pous Leo II volg Pous Agato op. 1498 – Cesare Borgia seun van Pous Alexander VI bedank as kardinaal. 1611 – Pous Paulus V stel elf kardinale aan, waaronder Gaspar Borja y Velasco, kanunnik van Toledo, Spanje. 1691 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word goewerneur van Ascoli. 1740 – Pous Benedictus XIV volg Pous Clemens XII as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1909 – Hewige sneeustorm in Joubertpark, Johannesburg wat plek-plek 40 cm sneeu agterlaat. 1943 – Die bomwerper Schweinfurt-Regensburg-sending vind plaas tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1945 – Sukarno en Hatta verklaar Indonesiese onafhanklikheid. 1958 – Pioneer 0 word lanseer en ontplof net na lansering. 1960 – Gaboen, die laaste van die vier gebiede waaruit die voormalige Frans-Ekwatoriaal-Afrika bestaan het, word onafhanklik. 1962 – Oos-Duitse grenswagte skiet die 18-jarige Peter Fechter dood tydens sy poging om oor die Berlynse Muur na Wes-Berlyn te vlug. 1978 – Drie Amerikaanse ballonvaarders slaag in die eerste warmlugballonvlug oor die Atlantiese Oseaan. 1982 - Die anti-apartheidsaktivis Ruth First sterf in Maputo toe 'n briefbom in haar kantoor ontplof. 1987 – Nazi gevangene Rudolf Hess, word dood aangetref in die Spandaugevangenis. 1990 – Vyf-en-dertig mense sterf in gevegte tussen pro-Inkatha-hostelbewoners en inwoners van Soweto. 1993 – Veelparty-onderhandelaars besluit eenparig om Walvisbaai, destyds 'n enklawe van Suid-Afrika, aan Namibië te oorhandig. 1998 – Die Amerikaanse President Bill Clinton erken dat hy 'n onbehoorlike fisiese verhouding met Withuis intern Monica Lewinsky gehad het. 2014 – Engeland klop Kanada in die eindstryd met 21–9 en wen sodoende die sewende Vrouerugbywêreldbeker in Frankryk.

Geboortes 1601 – Pierre de Fermat, Franse wiskundige († 1665). 1844 – Menelik II, keiser van Ethiopië († 1913). 1887 – Karel I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk-Hongarye († 1922). 1888 – Monty Woolley, Amerikaanse akteur († 1963). 1893 – Mae West, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer († 1980). 1896 – Leslie Groves, luitenant-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek († 1970). 1896 – Hendrik de Vries, Nederlandse digter en skilder († 1989). 1918 – Evelyn Ankers, Brits-Amerikaanse aktrise († 1985). 1920 – Maureen O'Hara, Iers-Amerikaanse aktrise en sangeres († 2015). 1926 – Jiang Zemin, Chinese ingenieur, oud-politikus, 5de President van China. 1932 – V.S. Naipaul, Britse skrywer afkomstig van Trinidad en Tobago († 2018). 1933 – Gene Kranz, Amerikaanse lugvaartingenieur en NASA se tweede hoofvlugdirekteur. 1943 – Robert de Niro, Amerikaanse akteur. 1943 – Mikola Sjmatko, Oekraïense beeldhouer, professor en skilder. 1946 – Hugh Baiocchi, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler. 1949 – Julian Fellowes, Engelse akteur en regisseur, politikus. 1951 – Richard Hunt, Amerikaanse akteur († 1992). 1952 – Nelson Piquet (snr), Brasiliaanse voormalige Formule Eenrenjaer en driemalige wêreldkampioen. 1958 – Belinda Carlisle, Amerikaanse sangeres. 1959 – Jonathan Franzen, Amerikaanse skrywer (romansier en essayis). 1960 – Sean Penn, Amerikaanse akteur, regisseur, rolprentmaker en politieke aktivis. 1968 – Helen McCrory, Engelse aktrise († 2021). 1969 – Donnie Wahlberg, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1977 – Thierry Henry, Franse sokkerspeler. 1980 – Lene Marlin, Noorse musikant.

Sterftes 309 of 310 – Pous Eusebius, die 31ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1590 – Pous Sixtus V, die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1521). 1681 – Patriarg Nikon, ’n Russiese geestelike (* 1605). 1786 – Fredrik II, koning van die Pruise (* 1712). 1809 – Matthew Boulton, Britse nyweraar en entrepreneur (* 1728). 1875 – Wilhelm Bleek, Duitse linguis en navorser van Afrikatale (* 1827). 1922 – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder (* 1877). 1942 – Herman Auerbach, Poolse wiskundige (* 1901). 1971 – Wilhelm List, Duitse veldmaarskalk (* 1880). 1979 – Vivian Vance, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1909). 1982 – Ruth First sterf toe sy 'n briefbom oopmaak wat vir haar man, Joe Slovo bedoel was (* 1928). 1987 – Rudolf Hess, Duitse soldaat en politikus (* 1894). 1990 – Pearl Bailey, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1918). 2010 – Francesco Cossiga, Italiaanse politikus, 8ste President van Italië (* 1928). 2022 – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer (* 1940).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Feesdag van Pous Eusebius in die Rooms-Katolieke Kerk (Voorheen op 26 September). Onafhanklikheidsdag in Indonesië (1945), Gaboen (1969)

Kategorie:Augustus