19 Augustus is die 231ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (232ste in skrikkeljare). Daar volg nog 134 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1458 – Pous Pius II volg Pous Callixtus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1692 – In Salem, Massachusetts word vyf vroue en 'n geestelike tereggestel nadat hulle skuldig bevind is aan heksery. 1744 – Pous Benedictus XIV publiseer Cum semper oblatas waarin priesters aangesê word om gereeld die mis op te dra. 1930 – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) word in Kaapstad gestig. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers bombardeer die gebied tussen Diessenhofen en Schlatt (Kanton Thurgau) in Switserland. Switserland was 'n neutrale land tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: In Oos-Afrika word Brits-Somaliland aan Italië afgestaan ná die inval wat op 4 Augustus begin het. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde magte, meestal Kanadees, val Dieppe, Frankryk, binne in die Dieppe-inval. 1953 – A.L. Geyer lewer 'n praatjie by die Rotariërklub in Londen om te verduidelik hoekom apartheid "die beste beleid" vir alle rasse in Suid-Afrika is. 1968 – Nigeriese federale troepe val veelvuldige teikens in Biafra aan en 2 000 mense sterf na bewering in die gepaardgaande bloedbad. 1989 – Tydens die Paneuropese Piekniek vlug meer as 600 burgers van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) met Hongaarse ondersteuning na die Weste – die begin van die einde van die DDR. 1990 – In Soweto eis bloedige geweld tussen die aanhangers van die ANC en Inkatha 222 slagoffers. 1991 – In die mislukte Sowjet-staatsgreeppoging van 1991 deur Kommunistiese konserwatiewe elemente, word aangekondig dat Michail Gorbatsjof siek is en van sy amp as president onthef is.

Geboortes 1646 – John Flamsteed Engelse sterrekundige († 1719). 1883 – Coco Chanel, Franse mode-ontwerper († 1971). 1883 – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise († 1961). 1899 – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise († 1988). 1906 – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier († 1971). 1926 – Angus Scrimm, Amerikaanse akteur († 2016). 1940 – Jill St. John, Amerikaanse aktrise. 1942 – Fred Thompson, Amerikaanse akteur en politikus († 2015). 1943 – Sid Going, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2024). 1944 – Sam de Beer, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister. 1946 – Bill Clinton, 42ste President van die Verenigde State. 1946 – Elma Potgieter, Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en taalpraktisyn. 1952 – Jonathan Frakes, Amerikaanse akteur en regisseur. 1963 – John Stamos, Amerikaanse akteur. 1965 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor († 2016). 1965 – Kyra Sedgwick, Amerikaanse aktrise. 1975 – Tracie Thoms, Amerikaanse aktrise. 1978 – Michelle Borth, Amerikaanse aktrise. 1982 – Nadia Beukes, Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en stemkunstenaar. 1983 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model († 2013). 1987 – Nico Hülkenberg, Duitse Formule Een-renjaer. 1994 – Tamaryn Green, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2018.

Sterftes 14 – Gaius Julius Caesar Octavianus, princeps van Rome (* 63 v.C.). 1580 – Andrea Palladio, Italiaanse Renaissance-argitek (* 1508). 1662 – Blaise Pascal, Franse wiskundige, fisikus en godsdienstige filosoof (* 1623). 1819 – James Watt (83), Skotse uitvinder en meganiese ingenieur (* 1736). 1944 – Günther von Kluge, Duitse generaal (* 1882). 1954 – Alcide De Gasperi, Italiaanse staatsman en politikus (* 1881). 1951 – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein (* 1872). 1969 – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek (* 1886). 1977 – Groucho Marx, Amerikaanse komediant en akteur (* 1890). 1994 – Linus Pauling, Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur en Nobelprys vir Chemie-wenner (* 1901) 2000 – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat (* 1908). 2008 – Levy Mwanawasa, derde president van Zambië (2002-2008) (* 1948). 2013 – Lee Thompson Young, Amerikaanse akteur (* 1984). 2017 – Dick Gregory, Amerikaanse komiek, akteur en aktivis (* 1932). 2023 – Angie oeh, Afrikaanse kletsrymer (* 1998).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Verheerliking van Jesus (Oostelike Christendom).

Eksterne skakels

Kategorie:Augustus