22 Augustus is die 234ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (235ste in skrikkeljare). Daar volg nog 131 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|200px|Die oorspronklike dokument van die Eerste Geneefse Konvensie

408 – Die Wes-Romeinse generaal Flavius Stilicho, van gemengde Vandaalse en Romeinse afkoms, word tereggestel. 1485 – Die Slag van Bosworth lei tot die einde van die Roosoorloë. 1642 – Die Engelse Burgeroorlog begin. 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer In suprema Universalis oor vas. 1864 – Twaalf Europese lande teken die Eerste Geneefse Konvensie, wat lei tot die daarstel van die Rooikruisbeweging onder Henry Dunant. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: In België raak Britse en Duitse troepe vir die eerste keer slaags. 1972 – Rhodesië word uit die Olimpiese Spele verban, slegs vier dae voor die openingseremonie in München, Duitsland.

Geboortes 1760 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) in Genga († 1829). 1831 – Catharina van Rees, Nederlandse skryfster van die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1915). 1834 – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier († 1906). 1849 – Sir Walter Francis Hely-Hutchinson, laaste goewerneur van die Kaapkolonie († 1913). 1853 – Ds. Bernard Petrus Jacobus Marchand, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en een van die stigters van die arbeidskolonie op Kakamas († 1917). 1862 – Claude Debussy, Franse komponis, († 1918). 1874 – Max Scheler, Duitse filosoof en outeur († 1928). 1882 – Raymonde de Laroche, Franse vlieënier wat vermoedelik die eerste vrou was wat 'n vliegtuig gevlieg het. († 1919). 1890 – Cecil Kellaway, Suid-Afrikaanse akteur († 1973). 1902 – Leni Riefenstahl, Duitse fotograaf, aktrise en regisseur († 2002). 1904 – Deng Xiaoping, leier van die Volksrepubliek China (1976–1983). 1908 – Henri Cartier-Bresson, Franse fotograaf en skilder († 2004). 1909 – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer († 1990). 1920 – Ray Bradbury, Amerikaanse skrywer († 2012). 1925 – Honor Blackman, Engelse aktrise († 2020). 1928 – Tromp Terre'Blanche, Suid-Afrikaanse akteur († 1984). 1932 – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder († 2020). 1939 – Valerie Harper, Amerikaanse aktrise († 2019). 1943 – Nahas Angula, Namibiese politikus. 1947 – Ian Scheckter, Suid-Afrikaanse Formule Eenrenjaer. 1947 – Cindy Williams, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2023). 1948 – Derek Watts, Suid-Afrikaanse veteraan TV-joernalis (jarelange anker van Carte Blanche) († 2023). 1958 – Colm Feore, Amerikaans-Kanadese akteur. 1963 – Tori Amos, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en vervaardiger. 1967 – Ty Burrell, Amerikaanse akteur en komediant. 1968 – Casper Christensen, Deense komediant, akteur en skrywer.

Sterftes 1241 – Pous Gregorius IX, 178ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* circa 1145). 1280 – Pous Nicolaas III, 188ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1216). 1485 – Richard III, koning van Engeland (* 1452). 1942 – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus (* 1873). 1976 – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse politikus, 21ste President van Brasilië (* 1902). 1978 – Jomo Kenyatta, Kenia se eerste president, sterf op 89-jarige ouderdom in Mombasa. Hy word opgevolg deur Daniel Toroitich arap Moi (* ca. 1897). 1986 – Celâl Bayar, Turkse prokureur en politikus, 3de President van Turkye (* 1883). 1991 – Colleen Dewhurst, Kanadees-Amerikaanse aktrise (* 1924). 2012 – Jeffrey Stone, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur (* 1926). 2016 – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler (* 1922). 2023 – Derek Watts, Suid-Afrikaanse veteraan TV-joernalis (jarelange anker van Carte Blanche) (* 1948). 2026 – Marianne de Jong, lektrise, vryskutskrywer en navorser; feminis en vegter vir vroueregte (* 1947).

Kategorie:Augustus