30 Augustus is die 242ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (243ste in skrikkeljare). Daar volg nog 123 dae in die res van die jaar.
Gebeure 257 – Pous Sixtus II volg Pous Stefanus I op. 1464 – Pous Paulus II (Pietro Barbo) volg Pous Pius II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1600 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Albano. 1626 – Pous Urbanus VIII stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Giambattista Pamphili (later Pous Innocentius X). 1862 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die tweede Slag van Bull Run vind plaas. 1919 – Die pasgestigte NG gemeente Lusaka besluit op sy eerste kerkraadsvergadering die gemeente sal hulpbehoewend wees. 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Henri Guisan word tot generaal en sodoende tot bevelvoerder van die Switserse Weermag bevorder. Switserland kies slegs tydens oorlogstyd 'n generaal om die weermag te lei. 1991 – Azerbaidjan word van die Sowjetunie onafhanklik. 1992 – Michael Schumacher wen sy eerste Formule Een-wedren by die Belgiese Grand Prix.
Geboortes 1716 – Lancelot Brown, bekend as Capability Brown, was 'n Engelse landskapsargitek († 1783). 1852 – Jacobus Henricus van 't Hoff, Nederlandse fisiese chemikus († 1911). 1862 – Siener van Rensburg, Boereprofeet en toekomsvoorspeller († 1926). 1871 – Ernest Rutherford, Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus en Nobelpryswenner († 1937). 1910 – Roger Bushell, meesterbrein agter die ontsnapping uit Stalag Luft III († 1944). 1924 – Kenny Dorham, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -komponis († 1972). 1931 – Derek Keys, Suid-Afrikaanse sakeleier en kabinetsminister. († 2018). 1943 – John Kani, Suid-Afrikaanse akteur. 1951 – Dirk Winterbach, Afrikaanse digter en beeldhouer. 1954 – Aleksandr Loekasjenko, Belarus president. 1960 – Ely Pouget, Amerikaanse aktrise. 1962 – Nataniël (le Roux), Suid-Afrikaanse kabaretkunstenaar en TV-kok. 1971 – Malusi Gigaba, voormalige Suid-Afrikaanse kabinetsminister.
Sterftes 1181 – Pous Alexander III, 170ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1105). 1961 – Charles Coburn, Amerikaanse akteur (* 1877). 1970 – Del Moore, Amerikaanse komediant en akteur (* 1916). 1971 – T.J. Haarhoff, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1892). 1979 – Jean Seberg, Amerikaanse aktrise (* 1938). 1981 – Vera-Ellen, Amerikaanse aktrise en danser (* 1921), 2001 – Govan Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en vader van Thabo Mbeki (* 1910). 2003 – Charles Bronson, Amerikaanse rolprentster (* 1921). 2006 – Glenn Ford, Kanadese akteur (* 1916). 2006 – Naguib Mahfouz, Egiptiese joernalis en outeur, Nobelpryswenner (* 1911). 2015 – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer (* 1933). 2017 – Marjorie Boulton, Britse skrywer en digter (* 1924). 2019 – Valerie Harper, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1939). 2022 – Michail Gorbatsjof, Russiese politikus en invloedryke Sowjetleier (* 1931). 2025 – Neil de Beer, Suid-Afrikaanse politikus en kommentator (* 1968). 2026 – Joggie Jansen, Springbokrugbysenter (* 1948).
Verwysings
Kategorie:Augustus