8 September is die 251ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (252ste in skrikkeljare). Daar volg nog 114 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1221 – Damietta verower deur die Moslems. 1659 – Pous Alexander VII publiseer die bul Super Cathedram Pricipis Apostolorum oor die sending na Viëtnam. 1713 – Pous Clemens XI publiseer die bul Unigenitus teen die Jansenistiese leerstellings van Quesnel. 1718 – Pous Clemens XI publiseer Pastoralis Officii waarin die Jansenistiese appellante ekskommunikeer word. 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimum supremi oor korrupsie en sending. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste V-2 vuurpyle tref Londen. 1948 – Die Dietse Kinderfonds se 83 weeskinders arriveer in Kaapstad. 1978 – Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Irannese Rewolusie. 1991 – Die Republiek van Masedonië word van Joego-Slawië onafhanklik. 2017 – 'n Aardbewing van 8.1 op die Richterskaal tref die suide van Meksiko. 2021 – Die Afrikaanse Wikipedia se 100 000ste artikel word geskep. 2022 – Ná Elizabeth II se afsterwe word haar oudste seun Charles III nuwe koning van die Verenigde Koninkryk. 2023 tot 28 Oktober – Die 10de Rugbywêreldbeker word in Frankryk aangebied en deur Suid-Afrika gewen. 2023 – 'n Aardbewing van 6,8 op die Richterskaal tref Marokko, meer as 2 800 mense sterf en historiese terreine in Marrakesj word beskadig.

Geboortes 1157 – Richard I Koning van Engeland († 1199). 1456 – Bernardino Lopez de Carvajal later Teenpous Martinus IV († 1523). 1588 – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof († 1648). 1737 – Luigi Galvani, Italiaanse geneesheer, fisikus, bioloog en filosoof († 1798). 1767 – August Wilhelm Schlegel, Duitse digter, literatuurhistorikus, vertaler, skrywer en kritikus († 1845). 1779 – Mustafa IV, Ottomanse sultan († 1808). 1830 – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter († 1914). 1835 – Dr. J.J. Kotzé, leraar in twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1899). 1841 – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis († 1904). 1851 – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener († 30 Mei 1915). 1886 – Siegfried Sassoon, Engelse leërkaptein, joernalis en digter († 1967). 1901 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika († 6 September 1966). 1914 – Denys Lasdun, Britse argitek, ontwerper van die Royal National Theatre († 2001). 1922 – Sid Caesar, Amerikaanse komiese akteur en skrywer († 2014). 1925 – Peter Sellers, Engelse akteur en komediant († 1980). 1929 – Christoph von Dohnányi, Duitse dirigent. 1930 – Nguyễn Cao Kỳ, Viëtnamese generaal en politikus, 16de Eerste Minister van Suid-Viëtnam († 2011). 1941 – Bernie Sanders, Amerikaanse politikus. 1954 – Mark Lindsay Chapman, Engelse akteur. 1971 – David Arquette, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer. 1971 – Martin Freeman, Engelse akteur. 1972 – Os du Randt, Springbokrugbyspeler. 1979 – Pink (Alecia Moore), Amerikaanse sanger en aktrise. 1980 – Mbulaeni Mulaudzi, 800 m-wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner († 2014).

Sterftes 701 – Pous Sergius I, 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 780 – Leo IV die Kasaar, keiser van Bisantium (* 750). 1637 – Robert Fludd, Britse-natuurkundige, astroloog en mistikus (* 1574). 1645 – Francisco de Quevedo, Spaanse skrywer (* 1580). 1724 – Maurits Pasques de Chavonnes, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1654). 1895 – Adam Opel, Duitse ingenieur en industrialis (* 1837). 1936 – Samuel Cronwright, Suid-Afrikaanse boer, politikus en skrywer (* 1863). 1945 – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger (* 1880). 1947 – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper (* 1861). 1949 – Richard Strauss, Duitse komponis (* 1864). 1965 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise (* 1923). 2003 – Leni Riefenstahl, Duitse fotograaf, aktrise en regisseur (* 1902). 2016 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1965). 2016 – Bonaventure Hinwood, Katolieke priester en Afrikaanse digter (* 1930). 2017 – Harry Kuitert, Nederlandse teoloog (* 1924). 2017 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger (* 1939). 2022 – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (* 1926).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Mariageboorte (Christendom) Feesdag van Pous Sergius I in die Rooms-Katolieke Kerk. Internasionale Geletterdheidsdag

Kategorie:September