9 September is die 252ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (253ste in skrikkeljare). Daar volg nog 113 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1513 – Jakobus IV van Skotland word verslaan en sterf in die Slag van Flodden Field. Dit beëindig Skotland se deelname in die Oorlog van die Liga van Cambrai. 1543 – Mary Stuart, slegs nege maande oud, word gekroon as Koningin van die Skotte in die sentrale Skotse stad van Stirling. 1739 – Stono Rebellion, die grootste slaweopstand in Groot-Brittanje se hoofland Noord-Amerikaanse kolonies voor die Amerikaanse Rewolusie, begin naby Charleston, Suid-Carolina. 1743 – Pous Benedictus XIV stel 25 nuwe kardinale aan, waaronder Johann Theodor von Bayern, 'n biskop van Luik. 1791 – Washington, D.C., die hoofstad van die Verenigde State, word na President George Washington genoem. 1839 – John Herschel neem die eerste glasplaatfoto. 1850 – Kalifornië word as die 31e deelstaat van die Verenigde State toegelaat. 1901 – In die middel van die Anglo-Boereoorlog word Moorreesburg se treinstasie geopen. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die skepping van die Canadian Automobile Machine Gun Brigade, die eerste ten volle gemeganiseerde eenheid in die Britse Weermag. 1923 – Mustafa Kemal Atatürk, die stigter van die Republiek van Turkye, stig die Republikeinse Volksparty. 1924 – Hanapepe-menseslagting in Kauai, Hawaii. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Japannese vlottervliegtuig laat 'n brandbom op Oregon val. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerde Magte land by Salerno en Taranto, Italië. 1948 – Republiekdag van Noord-Korea. 1956 – Elvis Presley verskyn die eerste keer op die Ed Sullivan Show. 1965 – Die Verenigde State Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling word gevorm. 1978 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 11 word lanseer. 1991 – Tadjikistan verkry sy onafhanklikheid van die Sowjetunie. 1993 – Die PLO erken Israel amptelik as 'n wettige staat. 2001 – Ahmed Shah Massoud, leier van die Northern Alliance, word deur twee Al-Kaïda sluipmoordenaars wat as Arabiese joernaliste vermom is, vermoor. 2001 – Pärnu metanoltragedie in Pärnu County, Estland. 2004 – 'n Bom ontplof buite die Australiese ambassade in Djakarta, 10 mense sterf. 2011 – Die sewende Rugbywêreldbeker begin in Nieu-Seeland. 2015 – Koningin Elizabeth II word die langsheersende monarg van Brittanje nadat sy die regeertyd van haar oor-oumagrootjie Koningin Victoria verbygesteek het. 2016 – Die regering van Noord-Korea voer sy vyfde en tot op daardie stadium grootste kernwapentoets uit. Wêreldleiers veroordeel die daad, met Suid-Korea wat dit as "maniese roekeloosheid" beskryf. 2025 – Die Israeliese Verdedigingsmagte (IDF) voer lugaanvalle uit wat die leierskap van Hamas in Katar geteiken het.

Geboortes 214 – Aurelianus, Romeinse Keiser († 275). 1585 – Kardinaal de Richelieu, Franse kardinaal en staatsman († 1642). 1629 – Cornelis Tromp, Nederlandse admiraal († 1691). 1778 – Clemens Brentano, Duitse digter en romansier en een van die belangrikste verteenwoordigers van die Duitse Romantiek († 1842). 1840 – Gentil Theodoor Antheunis, 'n Vlaamse digter († 1907). 1885 – Paul Henckels, Duitse akteur († 1967). 1918 – Oscar Luigi Scalfaro, Italiaanse politikus, 9de president van Italië († 2012). 1923 – Cliff Robertson, Amerikaanse akteur († 2011). 1924 – Jane Greer, Amerikaanse aktrise († 2001). 1924 – Sylvia Miles, Amerikaanse aktrise († 2019). 1934 – Nicholas Liverpool, politikus en 6de President van Dominica († 2015). 1935 – Nadim Sawalha, Jordaniesgebore Engelse akteur. 1941 – Otis Redding, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer († 1967). 1946 – Aleksander Doba, Poolse kajakvaarder wat veral bekend was vir sy lang reise wat oseane oorsteek († 2021). 1949 – Susilo Bambang Yudhoyono, 6de president van Indonesië. 1952 – Angela Cartwright, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1953 – Janet Fielding, Australiese akrise. 1960 – Hugh Grant, Engelse akteur en vervaardiger. 1966 – Adam Sandler, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1968 – Julia Sawalha, Engelse aktrise. 1971 – Eric Stonestreet, Amerikaanse akteur. 1971 – Henry Thomas, Amerikaanse akteur en kitaarspeler. 1972 – Goran Višnjić, Kroaties-Amerikaanse akteur. 1973 – Alvin Botes, Noord-Kaapse politikus en lid van die African National Congress. 1974 – Vikram Batra, Indiese leëroffisier († 1999). 1975 – Michael Bublé, Kanadese sanger-liedjieskrywer en akteur. 1976 – Emma de Caunes, Franse aktrise. 1979 – Nikki DeLoach, Amerikaanse aktrise en sanger. 1981 – Julie Gonzalo, Argentyns-Amerikaanse aktrise. 1989 – Isaac Seitlholo, Suid-Afrikaanse politikus, lid van die Nasionale Vergadering (LP) vir die DA.

Sterftes 1087 – Koning Willem I van Engeland (* 1027). 1513 – Jakobus IV, koning van Skotland (* 1473). 1569 – Pieter Bruegel die Ouere, Vlaamse skilder (* ±1525). 1596 – Anna van Pole, was 'n Pools-Litause prinses (* 1523). 1676 – Paul Chomedey de Maisonneuve, Franse leëroffisier (* 1612). 1849 – Groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland, jongste van ses dogters en vier seuns van keiser Paul van Rusland (* 1798). 1868 – Silkaats, stigter en die eerste koning van die Ndebele (* ongeveer 1790). 1921 – Virginia Rappe, Amerikaanse aktrise (* 1891). 1976 – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier (* 1893). 1981 – Jacques Lacan, Franse psigoanalis (* 1901). 1984 – Margaret Phillips, Walliese aktrise (* 1923). 1997 – Burgess Meredith, Amerikaanse akteur (* 1907). 2001 – Ahmad Shah Massoud, militêre bevelvoerder van die Noordelike Alliansie in Afghanistan (* 1953). 2003 – Edward Teller, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus, bekend as Die vader van die waterstofbom (* 1908). 2004 – Christina Susanna van Zyl, Suid-Afrikaanse skryfster van jeugverhale (* 1926). 2006 – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van TRUK (* 1922). 2012 – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer (* 1944). 2016 – James Stacy, Amerikaanse akteur (* 1936). 2020 – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat (* 1927). 2023 – Mangosuthu Buthelezi, politikus, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (* 1928). 2023 – Hans van Heerden Suid-Afrikaanse bariton (* 1935). 2024 – James Earl Jones, Amerikaanse akteur (* 1931).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:September