17 September is die 260ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (261ste in skrikkeljare). Daar volg nog 105 dae.

Gebeure 1285 – Pous Honorius IV publiseer die Sisiliaanse grondwet Constitutio ordinatione regni Siciliae. 1456 – Pous Callixtus III stel 3 kardinale aan waarvan twee sy familielede is. 1456 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word deur Pous Callixtus III benoem as kardinaal-diaken. 1498 – Pous Alexander VI stel Georges I d'Amboise, aartsbiskop van Rouen aan as kardinaal. 1569 – Pous Pius V publiseer die bul Conseverunt Romani wat die bid van die rosekrans aanbeveel. 1593 – Pous Clemens VIII stel vier nuwe kardinale aan waaronder twee familielede. 1595 – Pous Clemens VIII vergewe koning Henri IV van Frankryk. 1603 – Pous Clemens VIII stel sy familielid Silvestro Aldobrandini aan as kardinaal. 1759 – Pous Clemens XIII publiseer Cum Primum – Oor die nakom van die Kanoniese Sanksies. 1787 – Die teks van die Grondwet van die Verenigde State word in Philadelphia gefinaliseer. 1789 – William Herschel ontdek Mimas, die sewende grootste maan van die planeet Saturnus. 1809 – Die Verdrag van Fredrikshamn beëindig die Finse Oorlog tussen Rusland en Swede, en Finland word 'n outonome Groothertogdom onder tsaar Alexander I. 1894 – Die Keiserlike Japannese Vloot en die Beijang-vloot van Qing-China bots tydens die Slag van die Jaloerivier, die grootste seeslag van die Eerste Chinees-Japannese Oorlog. 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Elandsrivier op die plaas Modderfontein – Genl. Smuts val 'n buitepos, beman deur die 17th Lancer, aan 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Slag van Bloedrivierpoort, Natal. Generaal Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder bevel van Luitenant-Kolonel H de la P Gough. 1908 – Thomas Selfridge, word die eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig, by Fort Myer, Virginia. 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Rooi Baron, 'n bobaasvlieënier van die Duitse Luftwaffe, wen sy eerste luggeveg naby Cambrai, Frankryk.duimnael|regs|100px|V.l.n.r. by Camp David-ooreenkoms: Begin, Carter en Sadat 1978 – President Anwar Sadat van Egipte en eerste minister Menachem Begin van Israel onderteken die Camp David-ooreenkoms ná twaalf dae van geheime onderhandelinge by Camp David onder beskerming van die VSA-president Jimmy Carter. 2006 – Nieu-Seeland klop Engeland in die eindstryd met 25–17 en wen sodoende die vyfde Vrouerugbywêreldbeker in Kanada. 2024 – Etlike Hezbollah-lede gedood en beseer in Libanon en Sirië toe hul radioroepers ontplof het.

Geboortes 1552 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V), 233ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1605 tot 1621 († 1621). 1804 – Prudens van Duyse, Vlaamse skrywer († 1859). 1819 – Marthinus Wessel Pretorius, President van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1901). 1825 – Sir Donald Currie, 'n skeepseienaar en skenker van die Curriebeker († 1909). 1826 – Bernhard Riemann, Duitse wiskundige († 1866). 1857 – Konstantin Tsiolkofski, Russiese natuurkundige († 1935). 1899 – Harold Bennett, Britse akteur († 1981). 1899 – Winnie Lightner, Amerikaanse aktrise († 1971). 1923 – J.R. Hale, Britse geskiedkundige en vertaler († 1999). 1925 – David Poole, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser († 1991). 1926 – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer († 1997). 1929 – Sir Stirling Moss, Britse renjaer († 2020). 1930 – Edgar Mitchell, Amerikaanse ruimtevaarder († 2016). 1931 – Anne Bancroft, Amerikaanse aktrise († 2005). 1932 – Jurgens Lambrechts, bekende deelnemer aan Afrikaanse radiovasvraprogramme († 2005). 1934 – Marlene le Roux, bekroonde Afrikaanse skrywer van jeugverhale. 1950 – Narendra Modi, 14de en huidige eerste minister van Indië. 1955 – Charles Martinet, Amerikaanse akteur en skrywer. 1956 – Almazbek Atambajef, Kirgiese politikus en president van 2011–2017. 1960 – Damon Hill, Britse Formule Een-renjaer, wêreldkampioen in 1996. 1964 – Ursula Karven, Duitse aktrise. 1966 – Garry Pagel, oud-Springbokrugbyspeler. 1968 – Anastacia, Amerikaanse popsangeres en liedjieskrywer. 1979 – Neill Blomkamp, Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger, tans werksaam in Hollywood. 1996 – Esteban Ocon, Franse Formule Eenrenjaer.

Sterftes 1179 – Hildegard van Bingen, Duitse Benediktynse non, digteres en universele geleerde (* 1098). 1575 – Heinrich Bullinger, Switserse kerkhervormer (* 1504). 1879 – Eugène Viollet-le-Duc, Franse argitek (* 1814). 1908 – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig (* 1882). 1963 – Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier (* 1910) 1994 – Karl Popper, Oostenrykse-Britse filosoof (* 1902). 2016 – Charmian Carr, Amerikaanse aktrise (* 1942). 2017 – Lionel Wilson, 'n Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler (* 1933). 2023 – Schalk Schoombie, Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer (* 1957).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Burgerskapdag in die Verenigde State

Kategorie:September