25 September is die 268ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (269ste in skrikkeljare). Daar volg nog 97 dae.

Gebeure

duimnael|Yosemite se Half Dome 235 – Pous Pontianus tree as gevolg van die verbanning ná Sardinië af. 1066 – Harold II van Engeland verslaan Harald III van Noorweë in die Slag van Stamford Bridge. Dit bring 'n einde aan die Wikingsinvalle van Groot-Brittanje. 1396 – Ottomaanse magte onder Bajezid I verslaan 'n Christelike alliansie gelei deur Sigismund van Hongarye in die Slag van Nicopolis. 1513 – Conquistador Vasco Núñez de Balboa word die eerste Europeër om die Stille Oseaan te sien en noem dit Mar del Sur, of Suidsee. 1890 – Soos in die vooruitsig gestel deur John Muir, word die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië daargestel. 1901 – Die Verenigde Koninkryk annekseer die Koninkryk van Ashanti as deel van die Gouekuskolonie. 1917 – Sir Ernest Oppenheimer stig Anglo American-korporasie. 1933 – Die Afsluitdyk word in Nederland amptelik geopen. 1962 – Die Demokratiese Volksrepubliek van Algerië word formeel uitgeroep. Ferhat Abbas word tot president van die tussentydse regering verkies, met Ahmed Ben Bella as eerste minister. 1972 – Die bevolking van Noorweë stem teen lidmaatskap in die Europese Ekonomiese Gemeenskap. 2004 – Wes-Indië wen die eindstryd van die vierde Kampioenetrofee in Engeland met twee paaltjies teen Engeland. 2008 – Kgalema Motlanthe word verkies as die president van Suid-Afrika.

Geboortes 1683 – Jean-Philippe Rameau, Franse komponis († 1764). 1802 – Richard Parkes Bonington, skilder († 1828). 1881 – Lu Xun, Chinese romanskrywer en essayis († 1936). 1896 – Willem Hendrik van den Bos, Suid-Afrikaanse sterrekundige († 1974). 1903 – Mark Rothko, Amerikaanse skilder († 1970). 1906 – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis († 1975). 1926 – Stafford Beer, Britse stelselteoretikus en konsultant († 2002). 1927 – Colin Davis, Britse dirigent († 2013). 1936 – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise († 1996). 1941 – Rick Turner, Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis († 1978). 1952 – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur, vervaardiger, skrywer en aktivis († 2004). 1954 – Nigel Morgan, Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant wat noue bande met Suid-Afrika se intelligensiedienste gehad het († 2018). 1955 – Zucchero Fornaciari, Italiaanse sanger-liedjieskrywer en musikant. 1968 – Will Smith, Amerikaanse akteur. 1969 – Catherine Zeta-Jones, sjarmante Walliese aktrise. 1969 – Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse krieketkaptein († 2002). 1978 – Jan Blohm, Suid-Afrikaanse musikant. 1994 – Jansen Panettiere, Amerikaanse akteur († 2023).

Sterftes 1534 – Pous Clemens VII in Rome, die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1478). 1812 – Sir George Yonge, waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie (* 1731). 1870 – Colin Fraser, Skotse predikant in Suid-Afrika (* 1796). 1983 – Leopold III van België, koning van België (* 1901). 1989 – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat (* 1890). 2005 – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant (* 1923). 2009 – Alicia de Larrocha, Spaanse pianis en komponis (* 1923). 2015 – Evert Snyman, Afrikaanse radio-omroeper, stemkunstenaar, akteur en skrywer (* 1955). 2018 – Shoki Mokgapa, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1984). 2023 – David McCallum, Skotse akteur (* 1933).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:September