2 Oktober is die 275ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (276ste in skrikkeljare). Daar volg nog 90 dae in die res van die jaar.

Gebeure 313 – Die eerste Lateraanse sinode vind plaas. 1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon. 1529 – Martin Luther en Ulrich Zwingli ontmoet in Marbach. ’n Geskil oor die gebruik van die nagmaal lei daartoe dat Switserse en Duitse Protestante nie verenig nie. 1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini sr. aan as kardinaal. 1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi. 1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti, later Pous Pius VII, word Benediktyner-monnik. 1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza, en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon, aan as kardinale. 1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio. 1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin. 1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in. 1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water. 1954 – Die Maria van Riebeeck-standbeeld word deur prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld onthul. 1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk. 1981 – Switserse elektronika- en tegnologiemaatskappy Logitech deur ingenieurs Daniel Borel, Pierluigi Zappacosta en Giacomo Marini gestig. 1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjetsektor van Oos-Berlyn bestaan het, kom tot ’n einde. 2004 – Parkrun word deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen, Engeland.

Geboortes duimnael|regs|160px|Gandhi in 1929 1452 – Richard III, koning van Engeland († 1485). 1627 – Patriarg Adriaan van Moskou, laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland († 1700). 1852 – Curt von François, die stigter van Windhoek († 1931). 1852 – William Ramsay, Skotse chemikus en Nobelpryswenner († 1916). 1857 – MT Steyn, president van die Vrystaat († 1916). 1867 – James Stevenson-Hamilton, Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en (Britse) soldaat († 1957). 1869 – Mahatma Gandhi, Indiese massa-bewegingsleier († 1948). 1897 – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant († 1974). 1926 – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020). 1929 – Lorrae Desmond, Australiese aktrise († 2021). 1936 − Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres († 2023). 1944 − Ton Koopman, Nederlandse dirigent, orrelis, klavesimbelspeler en musikoloog. 1945 − Don McLean, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en kitaris. 1951 – Sting, Britse akteur en sanger.

Sterftes 829 – Michael II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 770). 1264 – Pous Urbanus IV, 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195). 1919 – Alfred Geist, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863). 1920 – Max Bruch, Duitse komponis (* 1838). 1927 – Svante Arrhenius, Sweedse chemikus, fisikus en Nobelpryswenner (* 1859). 1985 – Rock Hudson, Amerikaanse akteur (* 1925). 1998 – Gene Autry, Amerikaanse akteur (* 1907). 1999 – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus (* 1924). 1999 – Heinz G. Konsalik, Duitse outeur (* 1921). 1999 – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent (* 1917). 2016 – Neville Marriner, Engelse violis en dirigent (* 1924). 2023 – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1946).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:Oktober