4 Oktober is die 277ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (278ste in skrikkeljare). Daar volg nog 88 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|regs|120px|Langlaagte, die plek van die eerste goudmyne in Johannesburg (1886) duimnael|regs|120px|Tupolew Tu-144 1159 – Octaviano de Monticelli word gekroon as Pous Victor IV. 1209 – Pous Innocentius III kroon Otto IV as keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 1535 – Die eerste volledige Engelse vertaling van die Bybel is in Zürich, Switserland, gedruk. Die vertaling is deur William Tyndale en Miles Coverdale gedoen. 1582 – Spanje, Portugal, Pole, Litaue en dele van Italië vervang die Juliaanse kalender met die Gregoriaanse kalender, met die gevolg dat Donderdag 4 Oktober 1582 direk gevolg word deur Vrydag 15 Oktober 1582. 1644 – Pous Innocentius X word gekroon deur kardinaal Carlo de' Medici. 1676 – Pous Innocentius XI word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini. 1886 – Amptelike stigtingsdag van die goudstad Johannesburg, na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand. 1929 – Die oorspronklike Tafelberg-kabelkar word in Kaapstad, Suid-Afrika, geopen. 'n Verbeterde kabelkar word op 4 Oktober 1997 ingewy. 1957 – Rusland lanseer Spoetnik 1, die eerste satelliet wat om die Aarde wentel en daarmee word die ruimtetydperk ingelei. 1958 – Die grondwet van die Vyfde Republiek, wat met medewerking van Charles de Gaulle en Michel Debré geskryf is, word aanvaar. 1966 – Lesotho word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1984 – Die laaste volledige Toepolef Tu-144, die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld wat deur die Sowjetse vliegtuigbouer Aleksei Andrejewitsj Toepolef ontwikkel is, word in diens geneem. 1997 – Tafelberg kry 'n nuwe kabelkar op sy sweefspoor, wat in die rondte kan draai vir beter uitsig. 2001 – Aanvalle met antraks in die VSA bekend gemaak.
Geboortes 1289 – Koning Lodewyk X van Frankryk († 1316). 1822 – Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State († 1893). 1836 – Piet Cronjé, Suid-Afrikaanse militaris en boeregeneraal († 1911). 1875 – Gustav Preller, Suid-Afrikaanse joernalis, redakteur en geskiedskrywer († 1943). 1886 – Luis Alberni, Amerikaanse akteur († 1962). 1895 – Buster Keaton, Amerikaanse akteur († 1966). 1910 – Pierre Etienne Rousseau, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en die stigter van SASOL († 1993). 1916 – Anton Rupert, Suid-Afrikaanse entrepreneur, sakeman en omgewingsbewaarder († 2006). 1923 – Charlton Heston, Amerikaanse akteur († 2008). 1928 – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer († 2016). 1931 – Richard Rorty, Amerikaanse filosoof († 2007). 1931 – Basil D'Oliveira, veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler († 2011). 1941 – Anne Rice, Amerikaanse skryfster († 2021). 1946 – Susan Sarandon, Amerikaanse aktrise. 1947 – Marianne de Jong, lektrise, vryskutskrywer, feminis en vegter vir vroueregte († 2026). 1976 – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1669 – Rembrandt van Rijn, Nederlandse skilder (* 1606). 1747 – Amaro Pargo, Spaanse kaper en handelaar (* 1678). 1842 – Sir Galbraith Lowry Cole, die vyfde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1772). 1871 – Sarel Cilliers, Voortrekkerleier (* 1801). 1919 – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis (* 1854). 1947 – Max Planck, Duitse fisikus (* 1858). 1957 – Jacobus Hendrik Pierneef, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1886). 1970 – Janis Joplin, Amerikaanse sangeres (* 1943). 1979 – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier; vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (* 1903). 1999 – De Villiers Graaff, leier van die Verenigde Party tussen 1956 en 1977 (* 1913). 2019 – Diahann Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1935). 2020 – Pieter Spaarwater, rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper (* 1936). 2022 – Günter Lamprecht, Duitse akteur en skrywer (* 1930). 2022 – Loretta Lynn, Amerikaanse country-sanger (* 1932).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Gepubliseer Teologie 1833 – Quo Graviora: Oor die pragmatiese konstitusie, deur Pous Gregorius XVI.
Kategorie:Oktober