3 Oktober is die 276ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (277ste in skrikkeljare). Daar volg nog 89 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|120px|Ruimtependeltuig Atlantis 787 – Tassilo III van Beiere lê die eed van trou aan Karel die Grote af; Beiere verloor so sy onafhanklikheid. 1932 – Irak word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1962 – Die fregat SAS President Kruger word in diens gestel. 1970 – Die National Oceanic and Atmospheric Administration word in Amerika gestig. 1985 – Die Ruimtependeltuig Atlantis word vir die eerste keer gelanseer. 1990 – Duitsland word herenig toe die vyf nuwe deelstate van die Duitse Demokratiese Republiek (Mecklenburg-Voorpommere, Brandenburg, Sakse-Anhalt, Sakse en Thüringen) met die Bondsrepubliek Duitsland verenig. 1991 – Die tweede Rugbywêreldbeker begin in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis. 2013 – Gambië verlaat die Britse Statebond.

Geboortes 1373 – Hedwig van Pole, Poolse koningin († 1399). 1647 – Johannes Voet, Nederlandse regsgeleerde († 1713). 1784 – Johann Karl Ehrenfried Kegel, Duitse landbouwetenskaplike en ontdekkingsreisiger († 1863). 1789 – Sir Henry Pottinger, 'n Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1856). 1860 – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1919). 1871 – Stijn Streuvels, Vlaamse skrywer († 1969). 1886 – Alain-Fournier, Franse skrywer († 1914). 1892 – Maurice Maréchal, Franse klassieke tjellis († 1964). 1911 – Michael Hordern, Engelse akteur († 1995). 1928 – Alvin Toffler, Amerikaanse skrywer en futuris († 2016). 1939 – Aleksander Kudrjašovs, Lettiese primaat van die Letties-Ortodokse Kerk en die Metropoliet van Riga en die hele Letland. 1942 – Alan Rachins, Amerikanse akteur, skrywer, en regisseur († 2024). 1944 – Roy Horn, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid († 2020). 1953 - Karen Bass, burgemeester van Los Angeles. 1954 – Stevie Ray Vaughan, Amerikaanse kitaarspeler († 1990). 1973 – Neve Campbell, Kanadese aktrise. 1976 – Carl Beukes, Suid-Afrikaanse akteur. 1984 – Crystal Donna Roberts, Suid-Afrikaanse aktrise († 2025). 1987 – Cleo von Adelsheim, Duitse aktrise. 1997 – Jo-ane Van Dyk, Suid-Afrikaanse Olimpiese spiesgooiatleet.

Sterftes 1226 – Sint Franciskus van Assisi, ’n Italiaanse Rooms-Katolieke monnik en prediker (* 1181/2). 1653 – Marcus Zuerius van Boxhorn, Nederlandse geleerde en taalkundige. (* 28 Augustus 1612). 1967 – Malcolm Sargent, Britse dirigent (* 1895). 1972 – Phil Mostert, Suid-Afrika se sestiende Springbokkaptein (* 1898). 1987 – Jean Anouilh, Franse dramaturg (* 1910). 1991 – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur (* 1925). 2025 – Patricia Routledge, Engelse aktrise (* 1929).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Oktober