21 September is die 264ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (265ste in skrikkeljare). Daar volg nog 101 dae.
Gebeure duimnael|200px|Verskeie belangrike Westerse lande erken die Staat Palestina volgens internasionale reg 1676 – Pous Innocentius XI volg Pous Clemens X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1765 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word priester gewy. 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul “Decet Quam Maxime” oor die misbruik van belasting. 1792 – Franse Revolusie: Die Nasionale Konvensie stem om die monargie af te skaf en die Franse Eerste Republiek word uitgeroep. 1877 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kamerlengo. 1937 – J.R.R. Tolkien se The Hobbit word gepubliseer. 1949 – Kommuniste roep die Volksrepubliek China uit. 1964 – Malta word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1981 – Belize word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1991 – Armenië word van die Sowjetunie onafhanklik. 2025 – Australië, Kanada, Portugal en die Verenigde Koninkryk erken die Staat Palestina as 'n onafhanklike land volgens internasionale reg.
Geboortes 1452 –Girolamo Savonarola, Italiaanse Dominikaanse hervormer († 1498). 1645 – Louis Joliet, Franse ontdekkingsreisiger en pelshandelaar († 1700). 1827 – Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland († 1892). 1867 – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus († 1950). 1884 – Al Thompson, Amerikaanse akteur († 1960). 1909 – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid († 1972). 1921 – Vause Raw, Suid-Afrikaanse politikus († 2001). 1924 – Amílcar Cabral, Kaaps-Verdiese landboukundige, skrywer en politikus. († 1973). 1931 – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2012). 1934 – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer († 2016). 1941 – Hannes Marais, Suid-Afrika se vier-en-dertigste Springbokkaptein. 1947 – Stephen King, Amerikaanse skrywer. 1954 – Shinzo Abe, Japannese politikus († 2022). 1957 – Kevin Rudd, Australiese politikus en vorige Eerste minister van Australië. 1979 – Kristof Slagmulder, Vlaamse politikus. 1988 – Tom MacDonald, Kanadese kletsrymer en sanger. 1993 – Akani Simbine, Suid-Afrikaanse olimpiese naelloper.
Sterftes 687 – Pous Konon, die 83ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 630). 1327 – Edward II van Engeland (* 1284). 1832 – Sir Walter Scott, Skotse digter en skrywer (* 1771). 1867 – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter (* 1824). 1912 – Jan Lion Cachet, Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog (* 1838). 1957 – Haakon VII van Noorweë, eerste koning van Noorweë (* 1872) 1981 – Nigel Patrick, Engelse akteur (* 1912). 1996 – Johanna du Plooy ("Dollie"), onderwyseres, redaktrise van die Gereformeerde Kerk se vroueblad (* 1910). 2007 – Alice Ghostley, Amerikaanse aktrise (* 1923). 2020 – Michael Lonsdale, Franse akteur (* 1931). 2021 – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1964).
Vakansie-, vierings en waarnemingsdae Internasionale Vredesdag en Peace One Day; Onafhanklikheidsdag in Malta (1964), Belize (1981) en Armenië (1991).
Kategorie:September