18 September is die 261ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (262ste in skrikkeljare). Daar volg nog 104 dae.

duimnael|180px|Winnie Mandela aangekla vir aanranding, menseroof en moord op Stompie Moeketsi.

Gebeure 1180 – Filips II Augustus word koning van Frankryk. 1227 – Pous Gregorius IX maak Goffredo de Castiglione (later Pous Celestinus IV) kardinaal van Sint Markus. 1366 – Pous Urbanus V stel sy broer Anglic de Grimoard, Guillaume Sudre en Marco Viterbe aan as kardinaal. 1467 – Pous Paulus II stel agt nuwe kardinale aan waaronder sy neef Marco Barbo en Francesco della Rovere (later Pous Sixtus IV). 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Costa Rica tydens sy vierde, en laaste, ontdekkingsreis. 1505 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word tot biskop gewy. 1810 – Chili verkry onafhanklikheid van Spanje, een van die Chileense Fiestas Patrias. 1860 – Die pouslike Zouave word verslaan by Castelfidardo. 1858 – Giuseppe Sarto (later Pous Pius X) word priester gewy. 1931 – Die Mantsjoerye-insident vind plaas. 1945 – Die grootste droogdok in die Suidelike Halfrond word in die Tafelbaaise hawe geopen. 1961 – Die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker word in Meksikostad, Meksiko, deur lidlande van die NAFC en die CCCF gestig. 1990 – Winnie Mandela, soos destyds bekend, word aangekla weens aanranding en menseroof in die ontvoering van en beweerde moord op die 14-jarige aktivis Stompie Moeketsi. 2015 – Die agtste Rugbywêreldbeker begin in Engeland en Wallis.

Geboortes 53 – Trajanus, Romeinse keiser († 117). 1060 – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem († 1100) 1709 – Samuel Johnson, Engelse skrywer, digter, moralis, literatuurkritikus, biograaf, redakteur en leksikograaf († 1784). 1765 – Bartolomeo Alberto Cappellari, (later Pous Gregorius XVI), die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1846). 1819 – Léon Foucault, Franse fisikus († 1868). 1871 – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein († 1926). 1905 – Greta Garbo, Sweedse aktrise († 1990). 1920 – Jack Warden, Amerikaanse akteur († 2006). 1922 – Schalk van der Merwe, Suid-Afrikaanse chirurg en politikus († 1984). 1933 – Robert Blake, Amerikaanse akteur († 2023). 1937 – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus († 2009). 1939 – Fred Willard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2020). 1954 – Steven Pinker, Kanadese-Amerikaanse taalkundige, eksperimentele sielkundige en skrywer van wetenskaplike boeke. 1956 – Chris Hedges, Amerikaanse joernalis, skrywer, kommentator en Presbiteriaanse predikant. 1971 – Lance Armstrong, Amerikaanse professionele renfietsryer. 1971 – Jada Pinkett Smith, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1973 – Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaansgebore Britse entrepreneur. 1980 – Francois van Coke, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 1983 – Sasha Son, Litause sanger en liedjieskrywer. 1993 – Zozibini Tunzi, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, wenner van die Mej. Suid-Afrika- en Mej. Heelal 2019-kompetisies.

Sterftes 887 – Pietro I Candiano (43), 16de Doge van Venesië in 887. 1761 – Joachim Nikolaus von Dessin, grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek (* 1704). 1783 – Leonhard Euler, Switserse wiskundige (* 1707). 1961 – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1905). 1970 – Jimi Hendrix, Amerikaanse popster (* 1942). 2004 – Russ Meyer, Amerikaanse vervaardiger van seksfilms, pionier van die porno-industrie (* 1922). 2016 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant (* 1978). 2019 – Graeme Gibson, Kanadese skrywer (* 1934). 2020 – Ruth Ginsburg, Amerikaanse advokaat en een van nege regters van die Verenigde State se Hooggeregshof (* 1933). 2020 – John Napier Turner, Kanadese prokureur en politikus, eerste minister van Kanada in 1984 (* 1929). 2020 – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland (* 1938). 2020 – Danny Titus, Suid-Afrikaanse regsman, taalaktivis en historikus (* 1957).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Gepubliseer Teologie 1437 – Doctoris gentium - met aankondiging van 'n nuwe konsilie in Ferrara - deur Pous Eugenius IV. 1840 – Probe Nostis - Oor die voortplanting van die geloof - deur Pous Gregorius XVI.

Kategorie:September