19 September is die 262ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (263ste in skrikkeljare). Daar volg nog 103 dae.
Gebeure 1616 – Pous Paulus V stel ses kardinale aan, waaronder Alessandro Ludovisi, aartsbiskop van Bologna (later Pous Gregorius XV). 1650 – Pous Innocentius X stel sy familielid, Camillo Astalli-Pamphilj, aan as kardinaal. 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel. 1950 – J.G.N. Strauss word eenparig tot leier van die Verenigde Party verkies ná die dood van genl. Jan Smuts. 1983 – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1985 – 'n Aardbewing tref Meksikostad. 2002 – Rebelle neem beheer van die noorde van die Ivoorkus oor. In Abidjan word die voormalige president Guéi en 15 ander in sy huis vermoor. 2022 – Die staatsbegrafnis van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word in Westminster-abdy, Londen, gehou.
Geboortes 86 – Titus Aurelius Fulvus Boionius Arrius Antoninus, die latere keiser Antoninus Pius († 161). 866 – Leo VI, keiser van Bisantium († 912). 1416 – Piero di Cosimo de' Medici, de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance († 1469). 1839 – George Cadbury, Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het († 1922). 1911 – William Golding, Britse skrywer († 1993). 1912 – Kurt Sanderling, Duitse dirigent († 2011). 1927 – Rosemary Harris, Engelse aktrise. 1928 – Adam West, Amerikaanse akteur († 2017). 1933 – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965). 1933 – David McCallum, Skotse akteur († 2023). 1941 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres († 1974). 1942 – Hossein Amanat, Irannees-Kanadese argitek. 1948 – Jeremy Irons, Engelse akteur. 1953 – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2022). 1964 – Trisha Yearwood, countrysangeres en aktrise. 1984 – Kevin Zegers, Amerikaanse akteur. 1988 – Katrina Bowden, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1737 – Goewerneur Adriaan van Kervel, hy was slegs drie weke in sy amp (* 1681). 1881 – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State (* 1831). 1898 – Sir George Grey, goewerneur van die Kaapkolonie (* 1812). 1935 – Konstantin Tsiolkofski, Russiese natuurkundige (* 1857). 1966 – Albert van der Sandt Centlivres, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1887). 1972 – Robert Casadesus, Franse pianis (* 1899). 1975 – Pamela Brown, Engelse aktrise (* 1917). 2016 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933). 2017 – Jake LaMotta, Amerikaanse professionele bokser (* 1922). 2021 – Stephen Critchlow, Engelse akteur (* 1966).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:September