13 September is die 256ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (257ste in skrikkeljare). Daar volg nog 109 dae.

Gebeure

533 – Belisarius se legioene verslaan Gelimer en die Vandale by die Slag van Ad Decimum, waarmee die herowering van die Weste onder Bisantynse keiser Justinianus I begin. 604 – Pous Sabinianus volg Pous Gregorius I op. 1276 – Pous Johannes XXI volg Pous Adrianus V op. 1394 – Jode word uit Frankryk verdryf op bevel van Karel VI. 1677 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Maria in Trastevere. 1759 – Die Slag op die Abraham-Ebene by Québec beslis die Frans-Indiaanse oorlog in die guns van die Verenigde Koninkryk. 1838 – Pous Gregorius XVI stel Engelbert Sterckx, aartsbiskop van Mechelen, asook Filippo De Angelis, aartsbiskop-biskop van Montefiascone aan as kardinale. 1882 – Die magte van kolonel Ahmad Urabi, leier van die Egiptiese nasionalistiese beweging wat teen die Europees-ondersteunde regering van die Khedive Tawfiq rebelleer, word deur die Britse Leër onder sir Garnet Wolseley verslaan by die Slag van Tall al Kabir. 1922 – Hoogste temperatuur gemeet: 58 °C (opgeteken in al-Aziziyal in Libië). 1979 – Venda word die derde van vier Suid-Afrikaanse tuislande om onder die apartheidsbeleid 'onafhanklikheid' te verkry. Die onafhanklikheid word nêrens behalwe in Suid-Afrika en in die ander onafhanklike tuislande erken nie. 1987 – Goiânia-voorval: 'n Radioaktiewe voorwerp word uit 'n verlate hospitaal in Goiânia, Brasilië, gesteel en baie mense word aan bestraling blootgestel. 1993 – Ná maandelange geheime onderhandelinge in Noorweë, word die Oslo-vredesverdrag in Washington, D.C. deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Israel onderteken.

Geboortes 1087 – Johannes II, keiser van die Bisantynse Ryk († 1143). 1801 – Alfred Donné, Franse bakterioloog, dokter en bekend vir die ontdekking van trichomonas vaginalis en leukemie; ook die uitvinder van die fotoëlektriese mikroskoop († 1878). 1814 – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter en hoogleraar († 1903). 1819 – Clara Schumann, Duitse pianis, komponis en klavierpedagoog en eggenote van Robert Schumann († 1896). 1830 – Marie von Ebner-Eschenbach, Oostenrykse skrywer († 1916). 1903 – Claudette Colbert, Frans-Amerikaanse aktrise († 1996). 1904 – Gladys George, Amerikaanse aktrise († 1954). 1908 – Mae Questel, Amerikaanse aktrise († 1998). 1910 – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise († 1996). 1916 – Roald Dahl, Walliese romanskrywer († 1990). 1924 – Scott Brady, Amerikaanse akteur († 1985). 1925 – Mel Tormé, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en akteur († 1999). 1930 – Patsy King, Australiese aktrise († 2026). 1931 – Barbara Bain, Amerikaanse aktrise. 1939 – Richard Kiel, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar († 2014). 1940 – Óscar Arias, president van Costa Rica, Nobelprys-wenner. 1941 – Tadao Ando, Japannese argitek. 1942 – Charles Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus. 1944 – Jacqueline Bisset, Engelse aktrise en vervaardiger. 1948 – Nell Carter, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2003). 1950 – Douglas Lenat, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike en navorser in kunsmatige intelligensie († 2023). 1951 – Salva Kiir Mayardit, Soedanese politikus, eerste president van Suid-Soedan. 1951 – Jean Smart, Amerikaanse aktrise. 1957 – Bongbong Marcos, president van die Filippyne. 1966 – Maria Furtwängler, Duitse geneeskundige en aktrise. 1969 – Tyler Perry, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1969 – Shane Warne, Australiese krieketspeler († 2022). 1970 – Louise Lombard, Engelse aktrise. 1995 – Robbie Kay, Engelse akteur.

Sterftes 81 – Keiser Titus, tiende Romeinse Keiser (* 39). 1506 – Andrea Mantegna, die eerste Renaissance-kunstenaar van Noord-Italië (* 1431). 1592 – Michel de Montaigne, Franse filosoof en essayis (* 1533). 1598 – Filips II van Spanje, heerser van Kastilië (* 1527). 1872 – Ludwig Feuerbach, Duitse filosoof (* 1804). 1904 – J.W. van der Rijst, skrywer van die eerste handleiding vir Afrikaanse spraakkuns (* 1828). 1919 – Albert Henry Hime, Eerste Minister van Natal (* 1842). 1934 – Sam Allen, Amerikaanse akteur (* 1861). 1971 – Lin Biao, Chinese generaal en politikus. 1973 – Hettie Smit, skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skrywer (* 1908). 1973 – Betty Field, Amerikaanse aktrise (* 1913). 1977 – Leopold Stokowski, Britse dirigent (* 1882). 1987 – Mervyn LeRoy, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1900) 1996 – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet (* 1971). 1998 – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Finansies (* 1916). 1999 – Benjamin Bloom, Amerikaanse sielkundige en akademikus (* 1913). 2002 – George Hills, Britse geskiedkundige van Spaans-Britse afkoms (* 1918). 2022 – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus (* 1930). 2023 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant (* 1936). 2024 – Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse politikus en minister van finansies (* 1949).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Nicolaas I die Grote in die Rooms-Katolieke Kerk.

Gepubliseer Teologie 1758 – A Quo Die – Oor Christelike eenheid - deur Pous Clemens XIII.

Kategorie:September