14 September is die 257ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (258ste in skrikkeljare). Daar volg nog 108 dae.

Gebeure

1515 – Slag van Marignano; koning Frans I verslaan die pouslike magte. 1752 – Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in dié jaar direk gevolg deur 14 September). 1812 – Napoleon se inval in Rusland: Napoleon en sy Grande Armée neem Moskou in, en vind die stad verlate en aan die brand. 1829 – Die Vrede van Adrianopel beëindig die Russies-Turkse Oorlog en die Griekse Onafhanklikheidsoorlog. 1854 – Tydens die Krimoorlog, die eerste moderne oorlog, begin die Beleg van Sewastopol. 1901 – Theodore Roosevelt word president van die VSA na die sluipmoord op president William McKinley. 1959 – Die Sowjetruimtetuig Loena 2 stort op die maan neer en word die eerste mensgemaakte voorwerp op die Maan. 1960 – In Bagdad word die Organisasie van die Petroleum Uitvoerlande (OPUL) gestig deur Iran, Irak, Koeweit, Venezuela en Saoedi-Arabië. 1985 – Die Sowjetunie verban 25 vermeende spioene as vergelding vir die 25 wat uit Brittanje gedeporteer is na die oorloop van die KGB-lid Oleg Gordievsky. 2019 – Hommeltuie en kruisermissiele word gebruik in 'n aanval op die Aramco-olieproduksiefasiliteite by Abqaiq en Khurais in die ooste van Saoedi-Arabië.

Geboortes 1486 – Cornelius Agrippa, okkultisme († 1535). 1580 – Francisco de Quevedo, Spaanse skrywer († 1645). 1769 – Alexander von Humboldt, Duitse wetenskaplike en ontdekkingsreisiger († 1859). 1889 – Leon Maré, Afrikaanse skrywer en Hertzogpryswenner vir prosa († 1983). 1896 – José Mojica, Meksikaanse operasanger, akteur en skrywer († 1974). 1910 – Jack Hawkins, Engelse akteur en vervaardiger († 1973). 1914 – Clayton Moore, Amerikaanse akteur († 1999). 1919 – Kay Medford, Amerikaanse aktrise († 1980). 1922 – Frances Bergen, Amerikaanse model en aktrise († 2006). 1925 – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur († 2015). 1928 – Humberto Maturana, Chileense bioloog en filosoof († 2021). 1933 – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms († 1990). 1933 – Zoe Caldwell, Australiese aktrise († 2020). 1933 – Harve Presnell, Amerikaanse akteur en sanger († 2009). 1935 – Wilna Snyman, Suid-Afrikaanse aktrise. 1936 – Walter Koenig, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1937 – Renzo Piano, Italiaanse argitek en ingenieur. 1944 – Joey Heatherton, Amerikaanse aktrise, sangeres en danseres. 1947 – Sam Neill, Nieu-Seelandse akteur († 2026). 1955 – Robert Francis Prevost (later Pous Leo XIV), 267ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1956 – Maxime Verhagen, Nederlandse historikus en politikus, lid van CDA-party. 1957 – Kepler Wessels, Suid-Afrikaans-Australiese internasionale krieketspeler. 1960 – Melissa Leo, Amerikaanse aktrise. 1960 – Anthony Addabbo, Amerikaanse akteur († 2016). 1964 – Faith Ford, Amerikaanse aktrise. 1968 – Michelle Stafford, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1969 – Kallie Kriel, HUB van die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum. 1971 – Kimberly Williams-Paisley, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1980 – Ayọ, Duitse sanger-liedjieskrywer en aktrise. 1980 – Tersia Marshall, Suid-Afrikaanse politikus († 2026). 1983 – Amy Winehouse, Engelse sangeres-liedjieskrywer († 2011). 1989 – Jessica Brown Findlay, Engelse aktrise. 1989 – Logan Henderson, Amerikaanse akteur en sanger-liedjieskrywer. 1991 – Shayne Topp, Amerikaanse akteur en skrywer.

Sterftes 891 – Pous Stefanus V, die 110de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1523 – Pous Adrianus VI, die 218de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Rome (* 1459). 1836 – Aaron Burr, Amerikaanse politikus en avonturier (* 1756). 1851 – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer (* 1789). 1852 – Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington, Britse generaal en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1769). 1901 – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State (* 1843). 1916 – José Echegaray, Spaanse dramaturg en politikus en Nobelprys-wenner (* 1832). 1932 – Jean Cras, Bretonse komponis en vlootoffisier. (* 1879). 1970 – Rudolf Carnap, Duitse filosoof (* 1891). 1982 – Prinses Grace van Monaco, beserings as gevolg van 'n motorongeluk (* 1929). 1982 – Christian Ferras, Franse violis (* 1933). 1989 – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige (* 1903). 1996 – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise (* 1910). 1996 – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise (* 1936). 2000 – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika (* 1917). 2019 – Jean Heywood, Britse aktrise (* 1921). 2022 – Salomon Joubert, veldwagter, bewaringsbioloog en hoof van die Nasionale Krugerwildtuin (* 1941). 2025 – Maxi Schoeman, politieke wetenskap professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) (* 1954).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:September