15 September is die 258ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (259ste in skrikkeljare). Daar volg nog 107 dae.
Gebeur 1590 – Pous Urbanus VII volg Pous Sixtus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1644 – Pous Innocentius X volg Pous Urbanus VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1784 – Vincenzo Lunardi laat die eerste waterstofballon opstyg. 1835 – Charles Darwin bereik die Galápagos Eilande, waar hy begin om sy teorieë oor evolusie te ontwikkel.100px|duimnael|regs|Vlag van die Duitse Derde Ryk, 1935-1945, met swastika
1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Die Zoeloekoning Cetshwayo kaMpande word as krygsgevangene na Kaapstad gestuur waar hy in die Kasteel die Goeie Hoop gevange gehou word. 1910 – Eerste Volksraadsverkiesing in Suid-Afrika na Uniewording. 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Tenks word vir die eerste keer gebruik tydens die Slag van die Somme deur Brittanje. 1935 – Nazi-Duitsland stel die Neurenbergse Wette in wat Duitse Jode burgerskap ontneem, en neem 'n nuwe vlag met die swastika aan. 1945 – Die ringskommissie van Bulawayo besluit om die NG gemeente Mufulira van NG gemeente Nkana af te stig. 1963 – 'n Bomontploffing, waarin verskeie kinders sterf, ruk die '16th Street' Baptiste-kerk, 'n Afrika-Amerikaanse kerk in Birmingham, Alabama. 1966 – Brittanje laat die HMS Resolution te water, die eerste volwaardige Britse kernaangedrewe duikboot. 2008 – Na maratononderhandelinge gelei deur pres. Thabo Mbeki, teken die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en twee opposisieleiers, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, 'n magsdelingsooreenkoms.
Geboortes 1254 – Marco Polo, een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westerlinge om met die syroete na China te reis († 1324). 1613 – François de La Rochefoucauld, Franse skrywer († 1680). 1789 – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer († 1851). 1857 – William Howard Taft, 27ste President van die Verenigde State († 1930). 1858 – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis († 1937). 1871 – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf († 1949). 1890 – Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster († 1976). 1892 – Helena Lochner, Afrikaanse skryfster († 1951). 1895 – Dr. Jan van Bruggen, Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent († 1948). 1919 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1985). 1933 – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis († 2014). 1942 – Emmerson Mnangagwa, Zimbabwiese politikus en derde president van Zimbabwe. 1945 – Jessye Mae Norman, Amerikaanse sopraan († 2019). 1946 – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder († 2024). 1947 – Sandra Prinsloo, Afrikaanse aktrise-regisseur. 1957 – Fulton Allem, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler. 1962 – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer. 1977 – Leonore Gewessler, Oostenrykse politikus. 1980 − Jolin Tsai, Taiwannese sangeres, liedjieskrywer en aktrise. 1984 – Prins Harry, Hertog van Sussex, tweede seun van Charles III en prinses Diana.
Sterftes 668 – Constans II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 630). 1859 – Isambard Kingdom Brunel, Engelse meganiese en siviele ingenieur (* 1806). 1914 – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Anglo-Boereoorlog (* 1847). 1927 – Herman Gorter, Nederlandse digter. (* 1864). 1975 – Antoine Abed, aartsbiskop van die Maroniet-Katolieke kerk in Tripoli, Libanon (* 1896). 1981 – Harold Bennett, Britse akteur (* 1899). 1995 – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler (* 1952). 2006 – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skryfster (* 1929). 2010 – Bettie Cilliers-Barnard, Suid-Afrikaanse skilderes (* 1914). 2014 – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins (* 1922). 2017 – Harry Dean Stanton, Amerikaanse akteur (* 1926). 2020 – Moussa Traoré, Malinese militaris en politikus (* 1936). 2020 – Wang Zhiliang, Chinese tafeltennisspeler en afrigter (* 1941). 2021 – Norman Bailey, Engelse operasanger (* 1933). 2025 – Marilyn Knowlden, Amerikaanse aktrise (* 1926).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, Guatemala, Honduras, Nicaragua en El Salvador (1821)
Kategorie:September