16 September is die 259ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (260ste in skrikkeljare). Daar volg nog 106 dae.

duimnael|Burry Stander tydens die 2012 Olimpiese Somerspele.

Gebeure

655 – Pous Eugenius I volg Pous Martinus I op. 681 – Einde van die sesde ekumeniese raad van Konstantinopel. 1472 – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII) word biskop van Molfetta. 1795 – Die Verenigde Koninkryk verower Kaapstad, Suid-Afrika. 1810 – Meksiko verkry onafhanklikheid van Spanje, een van die Meksikaanse Fiestas Patrias. 1908 – General Motors word gestig. 1963 – Maleisië word gevorm van Maleia, Singapoer, Britse Noord-Borneo en Sarawak. 1975 – Papoea-Nieu-Guinee verkry onafhanklikheid van Australië. 2022 – Mahsa Amini, ‘n Iranse vrou sterf onder verdagte omstandighede in Teheran, moontlik weens polisiebrutaliteit. Haar dood lei tot 'n reeks grootskaalse betogings regoor Iran.

Geboortes

1874 – P.K. de Villiers, pedagoog, konsertorrelis en skepper van Psalm- en Gesangmelodie († 1949). 1891 – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1980). 1899 – Hans Swarowsky, Oostenrykse dirigent († 1975). 1917 – Alwyn Schlebusch, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman († 2008). 1924 – Lauren Bacall, Amerikaanse aktrise († 2014). 1925 – B.B. King, Amerikaanse bluessanger († 2015). 1939 – Breyten Breytenbach, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en skilder († 2024). 1939 – Yaakov Neeman, Israelse politikus, advokaat en regsgeleerde († 2017). 1948 – Mariëtta Alberts, Afrikaanse taalkundige, terminoloog en terminograaf. 1952 – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemster en die jongste persoon om 'n wêreldrekord op te stel en wel in die 110 treë-rugslag († 2013). 1973 – Alfred Schaffer, Nederlandse digter. 1983 – Kirsty Coventry, 'n Zimbabwiese swemmer, politikus en President van die IOK. 1987 – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfiets kampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen († 2013). 1992 – Nick Jonas, Amerikaanse akteur, getroud met Priyanka Chopra, Mej. Wêreld 2000.

Sterftes 655 – Pous Martinus I, 74ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±600). 827 – Pous Valentinus, 100ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1087 – Pous Victor III, 158ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Monte Cassino, Italië (* ±1027). 1394 – Teenpous Clemens VII in Avignon (* 1342). 1701 – Jakobus II, koning van Engeland (* 1633). 1753 – Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff, Duitse argitek en skilder (* 1699). 1855 – Sir George Thomas Napier, Britse goewerneur (* 1784). 1932 – Jacob de Villiers, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1868). 1936 – Sir James Molteno, laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad (* 1865). 1977 – Maria Callas, Amerikaanse operasangeres (* 1923). 2004 – Dolly Rathebe, Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres (* 1928). 2016 – Edward Albee, Amerikaanse dramaturg (* 1928). 2021 – Hlengiwe Mkhize, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1952). 2021 – Jane Powell, Amerikaanse aktrise (* 1929). 2025 – Robert Redford, Amerikaanse akteur (* 1936).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Meksiko – Onafhanklikheidsdag

Kategorie:September