10 September is die 253ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (254ste in skrikkeljare). Daar volg nog 112 dae in die res van die jaar.

Gebeure

422 – Pous Celestinus I volg Pous Bonifatius I op. 1515 – Pous Leo X stel Thomas Wolsey, aartsbiskop van York, aan as kardinaal. 1523 – Pous Adrianus VI stel Willen van Enckenvoirt, biskop van Tortosa, aan as kardinaal. 1721 – Die Groot Nordiese Oorlog eindig. 1770 – Pous Clemens XIV stel Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis aan as kardinaal. 1813 – Die Slag van Eriemeer vind plaas tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. 1891 – Die NG gemeente Rondebosch stig af van die NG gemeente Wynberg. 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Ná die Inval van Pole sluit Kanada by die Geallieerdes aan. 1974 - Portugees-Guineë verkry sy onafhanklikheid as die Republiek van Guinee-Bissau. 1987 – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. 1988 – Steffi Graf van Duitsland word slegs die derde vrou wat tennis se Grand Slam verower, toe sy die VSA-opetoernooi wen. 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris. 2024 – Die Polaris Dawn private menslike ruimtevlugsending wat deur SpaceX bestuur word, word gelanseer in die Verenigde State.

Geboortes 1169 – Alexios II, keiser van die Bisantynse Ryk († 1183). 1487 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III), die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555). 1659 – Henry Purcell, Engelse orrelis en komponis († 1695). 1870 – Prof. Gabriël Gideon Cillié, Afrikaanse opvoedkundige en kultuurleier († 1958). 1885 – Gravin Dora Pejačević, Kroatiese komponis en lid van die Huis van Pejačević († 1923). 1886 – H.D., Amerikaanse aktrise, digter en memoirskrywer († 1961). 1897 – Georges Bataille, Franse filosoof en digter († 1962). 1897 – Hilde Hildebrand, Duitse aktrise en sangeres († 1976). 1898 – Bessie Love, Amerikaanse aktrise († 1986). 1915 – Edmond O'Brien, Amerikaanse akteur († 1985). 1931 – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur († 2022). 1933 – Rita Roberts, Suid-Afrikaanse sopraan. 1933 − Karl Lagerfeld, Duitse-Franse modeontwerper, fotograaf en kostuummaker († 2019). 1937 – Jared Diamond, Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer. 1941 – Christo Wiese, Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman. 1948 – Judy Geeson, Engelse aktrise. 1953 – Amy Irving, Amerikaanse aktrise. 1953 – Michael Schønwandt, Deense dirigent. 1960 – Colin Firth, Engelse akteur en vervaardiger. 1964 – Edmund de Waal, Britse kunstenaar en skrywer. 1969 – Johnathon Schaech, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1972 – James Duval, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1974 – Ryan Phillippe, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1982 – Heino Schmitt, Suid-Afrikaanse akteur. 1984 – Harry Treadaway, Engelse akteur. 1984 – Luke Treadaway, Engelse akteur.

Sterftes 210 v.C. – Qin Shi Huang, eerste keiser van China (* 260 v.C.). 1167 – Matilda van Engeland (* 1102). 1797 – Mary Wollstonecraft, Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte (* 1759). 1883 – Hendrik Conscience, Vlaamse skrywer (* 1812) 1961 – Leo Carrillo, Amerikaanse akteur en sanger (* 1880). 1961 – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die Italiaanse Grand Prix (* 1928). 1979 – Agostinho Neto, Angolese politikus, 1ste President van Angola (* 1922). 1975 – Hans Swarowsky, Oostenrykse dirigent (* 1899). 1983 – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915). 1996 – Joanne Dru, Amerikaanse aktrise (* 1922). 2007 – Jane Wyman, Amerikaanse aktrise (* 1917). 2011 – Cliff Robertson, Amerikaanse akteur (* 1923). 2014 – Richard Kiel, Amerikaanse akteur (* 1939). 2017 – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1921). 2018 – Jannie Geldenhuys, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (* 1935). 2020 – Diana Rigg, Engelse aktrise (*1938). 2025 – Deon Fourie, Suid-Afrikaanse generaal, akademikus en militêre historikus (* 1932). 2025 – Charlie Kirk, Amerikaanse aktivis (* 1993).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:September