5 September is die 248ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (249ste in skrikkeljare). Daar volg nog 117 dae in die res van die jaar.
Gebeure 96 – Pous Kedron van Alexandrië volg Avilius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 1183 – Pous Lucius III verklaar St. Bruno van Segni heilig. 1316 – Pous Johannes XXII word in Lyon gekroon. 1370 – Pous Urbanus V begin sy terugkeer van Rome na Avignon. 1622 – Pous Gregorius XV stel vier nuwe kardinale aan waaronder Armand-Jean du Plessis de Richelieu. 1666 – Die Groot Brand van Londen finaal geblus. 1669 – Turkse magte verower Candia (teenswoordig Iraklion) op Kreta. 1696 – Pous Innocentius XII verklaar Zita van Lucca heilig. 1905 − Met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth word die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905 amptelik beëindig. 1972 – Die München-slagting vind plaas toe elf Israeliese atlete deur Palestynse terroriste tydens die Munchen Olimpiese Spele vermoor word. 1977 – Die Progressiewe Reformiste Party en 'n groep politici onder leiding van Japie Basson stig die Progressiewe Federale Party, amptelike opposisie in die Suid-Afrikaanse parlement vir die daaropvolgende 10 jaar. 1977 – Voyager 1, 'n onbemande ruimtetuig wat al die planete besoek, word gelanseer. 2010 – Nieu-Seeland klop Engeland in die eindstryd met 13–10 en wen sodoende die sesde Vrouerugbywêreldbeker in Engeland. 2022 – Liz Truss word aangewys as die wenner van die Britse Konserwatiewe Party-leierskapsverkiesing, en klop Rishi Sunak.
Geboortes 1568 – Tommaso Campanella, Italiaanse skrywer, filosoof en teoloog († 1639). 1638 – Lodewyk XIV van Frankryk, die Sonkoning († 1715). 1735 – Johann Christian Bach, Duitse komponis († 1782). 1774 – Caspar David Friedrich, Duitse Romantiese skilder en tekenaar († 1840). 1791 – Giacomo Meyerbeer, Joods-Duitse komponis en dirigent († 1864). 1876 – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk en oorlogsmisdadiger († 1956). 1909 – Jan Buys, Suid-Afrikaanse skilder († 1985). 1905 – Arthur Koestler, Hongaars-Britse skrywer († 1983). 1925 – Jos Vandeloo, Vlaamse skrywer en digter († 2015). 1929 – Bob Newhart, Amerikaanse akteur en skrywer († 2024). 1937 – Klaas de Jonge, Nederlandse menseregte-aktivis en Afrikanis († 2023). 1939 – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer († 2006). 1940 – Raquel Welch, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2023). 1946 – Freddie Mercury, Britse musikant en die hoofsanger van die rockgroep Queen († 1991). 1963 – Jonny Phillips, Engelse akteur, regisseur en skrywer. 1978 – Chris Hipkins, Nieu-Seelandse politikus. 1980 − Pita Limjaroenrat, Thaise politikus en sakeman. 1985 – Ernst Roets, Suid-Afrikaanse burgerregteaktivis. 1988 – Sarah Hassan, 'n Keniaanse aktrise, skryfster, en regisseuse.
Sterftes 1548 – Catharina Parr, die sesde en laaste vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1512). 1836 – Ferdinand Raimund, Oostenrykse akteur en dramaturg (* 1790). 1857 – Auguste Comte, Franse wiskundige en filosoof (* 1798). 1877 – Crazy Horse, "Inheemse Amerikaner" van die Oglala Lakota (* 1842). 1900 – Danie Theron, Kommandant, baasverkenner en krygsman in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1872). 1906 – Ludwig Boltzmann, Oostenrykse wis- en natuurkundige (* 1844). 1963 – Gerhard Morkel, Springbokrugbyspeler (* 1888). 1982 – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1910). 1997 – Moeder Teresa, Rooms-Katolieke non (* 1910). 2013 − Fritz Eloff, Professor in dierkunde en jarelange rugbyadministrateur (* 1920). 2016 – Phyllis Schlafly, Amerikaanse prokureur en konserwatiewe aktivis (* 1924). 2019 – Ampie Muller, akademikus en omroeper (* 1930). 2024 – Sérgio Mendes, Brasiliaanse musikant (* 1941).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:September