6 September is die 249ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (250ste in skrikkeljare). Daar volg nog 116 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1181 – Pous Lucius III word in sy amp bevestig in Velletri. 1688 – Die Turkse magte word by Belgrado verdryf. 1895 – NG gemeente Bulawayo as eerste gemeente noord van die Limpoporivier gestig. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van die Marne begin tussen die Duitse en Franse Magte. 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland. 1966 – In Kaapstad, Suid-Afrika, word die argitek van Apartheid, eerste minister Hendrik Verwoerd, in die parlement doodgesteek. 1968 – Eswatini word as Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1970 – Vier passasierstralers word tegelykertyd gekaap deur lede van die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) waaronder Leila Khaled. 1989 – Laaste algemene verkiesing in die "ou Suid-Afrika". Die Nasionale Party wen 89 setels, die Konserwatiewe Party 39 en die Demokratiese Party 33. 2022 – Russies-Oekraïnse Oorlog: Oekraïne begin sy Charkif-teenoffensief, verras Russiese magte en neem meer as 3 000 vierkante kilometer grond terug, en herower die hele Charkif-oblast wes van die Oskilrivier, binne die volgende week.

Geboortes 1698 – Jean Thurel, Franse soldaat († 1807). 1729 – Moses Mendelssohn, Duits-Joodse filosoof tydens die Verligting († 1786). 1766 – John Dalton, Engelse chemikus († 1844). 1811 – Joanna Courtmans, Vlaamse skryfster († 1890). 1852 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president van 1900 tot 1902 († 1918). 1884 – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus († 1962). 1910 – Gerard Bhengu, Suid-Afrikaanse skilder († 1990). 1911 – Alexis Preller, Suid-Afrikaanse skilder († 1975). 1952 – Hlengiwe Mkhize, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2021). 1958 – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 2007). 1959 – Naveen Jain, Indiër-Amerikaanse sakebestuurder, entrepreneur, en die stigter en voormalige uitvoerende hoof van InfoSpace. 1973 – Mxolisi Kaunda, burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit en lid van die African National Congress. 1978 – Elma Postma, Suid-Afrikaanse aktrise en TV-aanbieder.

Sterftes 972 – Pous Johannes XIII, 133ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±938). 1683 – Jean-Baptiste Colbert, Franse politikus (* 1619). 1978 – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker (* 1905). 1966 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1901). 1988 – Axel von Ambesser, Duitse akteur (* 1910). 2018 – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1936). 2019 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, president van Zimbabwe (* 1924). 2019 – Chester Williams, 'n Springbokrugbyspeler (* 1970). 2020 – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog (* 1948). 2021 – Zanele kaMagwaza-Msibi, Suid-Afrikaanse politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty (* 1962). 2023 – Raymond Ackerman, Suid-Afrikaanse kleinhandelmagnaat (* 1931). 2023 – Marcel Boiteux, Franse ekonoom, wiskundige en senior staatsdienslid wat as die "argitek van die Franse kernprogram” bekend gestaan het (* 1922).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:September