3 September is die 246ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (247ste in skrikkeljare). Daar volg nog 119 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|regs|125px|Viking landingstuigmodel 301 – San Marino, een van die kleinste lande ter wêreld en die oudste republiek wat steeds bestaan, word deur Sint Marinus gestig. 590 – Pous Gregorius I volg Pous Pelagius II op. 1458 – Pous Pius II word gekroon deur kardinaal Prospero Colonna. 1581 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V) word lid van die Apostoliese Penitentiarie. 1651 – Nadat Karel II Engeland binneval word hy verslaan in die Slag van Worcester, waarmee die Engelse Burgeroorlog voltrek word. Karel II ontsnap kort hierop na Frankryk. 1783 – Die ondertekening van die Verdrag van Parys beëindig die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog. 1856 – Republikeinse magte neem die Kasteel van Neuenburg/Neuchatel in en neem 530 soldate van die Koning van Pruise gevange. Nadat hulle weier om die koning se soldate vry te laat mobiliseer Koning Friedrich Wilhelm van Pruise ´n weermag van 160000 man. 1901 – Anglo-Boereoorlog: Die 31-jarige Jan Smuts lei 'n kommando oor die Oranjerivier in 'n aanval op die Brits-beheerde Kaapkolonie in Suid-Afrika. 1907 – Stigting van die Switserse Reserwebank in Zürich 1912 – Keiser Wilhelm II van Duitsland besoek Switserland om gevegsoefeninge van die Switserse Weermag te sien 1914 – Pous Benedictus XV volg Pous Pius X op. 1934 – Habib Ali Bourguiba en die leiers van die Neo Destour party in Tunisië word onder huisarres geplaas. 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Met die oorlogsverklaring van Frankryk teen Nazi-Duitsland weens die Duitse inval in Pole begin die Tweede Wêreldoorlog amptelik en begin die skemeroorlog (Duits: Sitzkrieg, Frans: drôle de guerre) aan die Duits-Franse grens. 1967 – Swede: Dagen H, verkeersreëls verander en alle Swede moet aan die regterkant van die pad bestuur nadat hulle tot op daardie stadium aan die linkerkant bestuur het. 1971 – Katar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1976 – Die Viking 2 ruimtetuig land op Mars en neem die eerste nabyfoto's van die planeet se oppervlak. 1984 – P.W. Botha word Suid-Afrika se eerste uitvoerende Staatspresident. 1987 – President Jean-Baptiste Bagaza van Burundi word deur 'n militêre staatsgreep afgeset. Pierre Buyoya vervang hom as hoof van die Militêre Komitee vir Nasionale Redding. 2000 – Pous Pius IX word salig verklaar. 2017 – Noord-Korea voer sy sesde en kragtigste kernwapentoets uit.
Geboortes 1643 – Lorenzo Bellini, Italiaanse geneesheer en anatomis († 1704). 1728 – Matthew Boulton, Britse nyweraar en entrepreneur († 1809). 1865 – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika († 1932). 1875 – Ferdinand Porsche, Oostenryks-Duitse industrialis en motoringenieur († 1951). 1921 – Harry Landers, Amerikaanse akteur en regisseur († 2017). 1940 − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige († 2017). 1940 – Pauline Collins, Engelse aktrise († 2025). 1946 – George Ballot, Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur († 2023). 1947 − Mario Draghi, Italiaanse ekonoom en eerste minister van Italië. 1961 – Cai Zhenhua, Chinese tafeltennisspeler. 1963 – Malcolm Gladwell, Kanadese skrywer in Brittanje. 1964 – Amber Lynn, Amerikaanse pornografiese aktrise en filmvervaardiger. 1970 – Einat Kalisch-Rotem, Israelse argitek en burgemeester. 2001 – Kaia Gerber, Amerikaanse model en aktrise.
Sterftes 1658 – Oliver Cromwell, Engelse soldaat en staatsman (* 1599). 1880 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg (* 1801). 1948 – Edvard Beneš, Tsjeggo-Slowaakse president (* 1884). 1962 – E.E. Cummings, Amerikaanse digter (* 1894). 2012 – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur (* 1957). 2019 – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise (* 1942). 2024 – Georg Meiring, laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (* 1939).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae 1971 – Onafhanklikheidsdag in Katar
Kategorie:September