4 September is die 247ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (248ste in skrikkeljare). Daar volg nog 118 dae in die res van die jaar.

Gebeure 476 – Romulus Augustus, die laaste keiser van die Wes-Romeinse Ryk, word afgesit en Odoaker word as koning van Rome gekroon. 1261 – Pous Urbanus IV word gekroon. 1483 – Pous Sixtus IV publiseer die bul "grave nimis" oor Maria se Onbevlekte Ontvangenis. 1556 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) word biskop van Sutri en Nepi. 1781 – Los Angeles word gestig as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles del Río de Porciúncula deur 44 Spaanse setlaars. 1870 – Frankryk se Derde Republiek word uitgeroep. 1888 – Uitvinder George Eastman registreer die handelsmerk Kodak (fotografie en beeldreproduksie). 1957 – Little Rock-krisis: Die goewerneur van Arkansas in die VSA probeer nege swart kinders verhoed om die Little Rock Central High School by te woon in weerwil van 'n VSA-hooggeregshofbevel. 1974 – Die VSA vestig diplomatieke betrekkinge met Oos-Duitsland. 1989 – Tydens die eerste Maandagbetoging in Leipzig eis sowat 1200 betogers reis-, persvryheid en vryheid van vergadering. 2008 – Die laaste uitgawe van die onafhanklike weekblad vir die Weskusstreek, Swartland en Weskus Herald, verskyn op Vredendal in Suid-Afrika. 2016 – Moeder Teresa word deur Pous Franciskus heilig verklaar. 2022 – Pous Johannes Paulus I word deur Pous Franciskus salig verklaar.

Geboortes 1383 – Amadeus VIII, hertog van Savoje, later Teenpous Felix V († 1451). 1596 – Constantijn Huygens, 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu († 1687). 1746 – Friedrich Ludwig Benda, Duitse violis en komponis († 1792) 1908 – Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy oupa gestig het († 1978). 1917 – Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy († 1987). 1923 – Gideon Joubert, 'n Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer († 2010). 1925 – Leo Apostel, Belgiese filosoof († 1995). 1926 – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog († 2002). 1936 – Judea Pearl, Israelies-Amerikaanse rekenaarwetenskaplike en filosoof. 1937 – Pieter Kooij,'n Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent († 2018). 1964 – René Pape, Duitse opera bassanger. 1973 – Jason David Frank, Amerikaanse akteur († 2022). 1981 – Beyoncé Knowles, Amerikaanse popsangeres.

Sterftes 422 – Pous Bonifatius I, die 42ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1903 – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement (* 1838). 1907 – Edvard Grieg, Noorse komponis (* 1843). 1961 – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië (* 1886). 2006 – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder (* 1962). 2010 – Fanie Botha, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Waterwese en Bosbou (*1922). 2014 – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. (* 1923). 2019 – Karl-Heinz Zimmer, Duitse politikus (* 1937). 2025 – Giorgio Armani, Italiaanse ontwerper (* 1934).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Op 4 September word 'n tradisie uitgevoer waarin mense kaalvoet van Palermo tot by Mount Pellegrino loop ter nagedagtenis van Sint Rosalia.

Kategorie:September