1 September is die 244ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (245ste in skrikkeljare). Daar volg nog 121 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|regs|125px|Foto van 'n trekduif in 1898 827 – Pous Valentinus volg Pous Eugenius II op. (waarskynlike datum). 1181 – Pous Lucius III volg Pous Alexander III op. 1271 – Pous Gregorius X volg Pous Clemens IV op. 1681 – Pous Innocentius XI stel 16 nuwe kardinale aan waaronder Antonio Pignatelli del Rastrello (later Pous Innocentius XII). 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Hyacintha van Mariscotti salig. 1905 – Alberta en Saskatchewan word provinsies binne die Kanadese Konfederasie. 1914 – Die laaste trekduif sterf in 'n Amerikaanse dieretuin. 1923 – Groot Kanto aardbewing verwoes Tokio en Jokohama – ongeveer 100 000 mense sterf. 1939 – Nazi-Duitsland val Pole binne met aanvalle op Wielun en Westerplatte – die direkte aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog. 1969 – In Libië word koning Muhammad Idris I as-Sanusi se bewind omver gewerp in 'n militêre staatsgreep onder Moeammar al-Ghaddafi. 1972 – Bobby Fischer word die eerste Amerikaner wat die Wêreld-skaakkampioentitel verower. 1983 – Die handelslugredery-vliegtuig Korean Air Vlug 7, met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord, word deur 'n Sowjet Soechoi Su-15 vegvliegtuig afgeskiet. 1985 – Die Suid-Afrikaanse regering skort betaling van alle buitelandse skuld op. 1986 – Liechtenstein betree die Europese Vryhandelsvereniging. 1991 – Oesbekistan word van die Sowjetunie onafhanklik. 1995 – Richard Barbrook en Andy Cameron se essay; The Californian Ideology word in Mute tydskrif gepubliseer, waarin die konsep Kaliforniese ideologie, vir die eerste keer uiteengesit word. 2009 – Fidji se lidmaatskap van die Britse Statebond word opgeskort.

Geboortes 1711 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste oorerflike stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland († 1751) 1864 – Roger Casement, Ierse nasionalis († 1916). 1845 – Paul Methuen, Britse krygsman († 1932). 1851 – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, Britse koloniale administrateur in Afrika († 1845). 1871 – Johanna Luyt, Suid-Afrikaanse komponis († 1931). 1875 – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan († 1950). 1913 – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis († 1998). 1921 – Willem Frederik Hermans, Nederlandse skrywer († 1995). 1935 – Dawid Kruiper, tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari († 2012). 1935 – Sheugnet Buys, Afrikaanse skrywer en dramaturg. 1965 – Craig McLachlan, Australiese akteur en sanger. 1975 – Maryana Iskander, uitvoerende hoof van die Wikimedia-stigting sedert Januarie 2022. 1994 – Carlos Sainz jr., Spaanse Formule Eenrenjaer. 1996 – Zendaya, Amerikaanse aktrise en sangeres.

Sterftes 1159 – Pous Adrianus IV, die 169ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1100). 1557 – Jacques Cartier, Franse ontdekkingsreisiger (* 1491). 1648 – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof (* 1588). 1715 – Lodewyk XIV van Frankryk die "Sonkoning", na 72 jaar se heerskappy, langer as enige ander belangrike Europese monarg (* 1638). 1950 – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur (* 1891). 1953 – Jacques Thibaud, Franse violis (* 1880). 1957 – Dennis Brain, Britse virtuoos horingspeler (* 1921). 1961 – Eero Saarinen (50), Fins-Amerikaanse argitek. 1967 – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald (* 1906). 1967 – Siegfried Sassoon, Engelse leërkaptein, joernalis en digter (* 1886). 1970 – François Mauriac, Franse skrywer (* 1885). 1981 – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening (* 1905). 1982 – Władysław Gomułka, Poolse politikus (* 1905). 2009 – Erich Kunzel, Amerikaanse dirigent (* 1935). 2010 – Cammie King, Amerikaanse aktrise (* 1934). 2016 – Jon Polito, Amerikaanse akteur (* 1950). 2019 – Attie du Plessis, sakeleier van Suid-Afrika en voormalige uitvoerende direkteur van Sanlam (* 1944). 2023 – Jimmy Buffett, Amerikaanse sanger ("Margaritaville") (* 1946).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:September