29 Augustus is die 241ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (242ste in skrikkeljare). Daar volg nog 124 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1178 – Teenpous Callixtus III onderwerp hom aan Pous Alexander III. 1261 – Pous Urbanus IV volg Pous Alexander IV op. 1294 – Pous Celestinus V gekroon in die Sint Maria di Collemaggio-kerk in Aquilla. 1484 – Pous Innocentius VIII volg Pous Sixtus IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1526 – Suleiman die Manjifieke verslaan en dood die laaste Jagielloniaanse koning van Hongarye en Bohemië by die Slag van Mohács. 1756 – Die Sewejarige Oorlog begin in Europa. 1799 – Pous Pius VI sterf in Franse aanhouding in Valence. 1825 – Brasilië verkry onafhanklikheid van Portugal. 1848 – Die Slag van Boomplaats vind plaas. 1907 – Die Quebecbrug stort ineen tydens konstruksie - 75 werkers sterf. 1924 – Die Gutenberg Boekgilde word gestig. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Italië voer 'n lugaanval op die Suezkanaal uit. 1944 – Die Slowaakse Nasionale opstand begin. 1965 – Gemini 5 keer na die aarde terug en land veilig in die Atlantiese Oseaan. 1982 – Meitnerium, 'n kunsmatige chemiese element met atoomgetal 109, word vir die eerste keer by die Swaarioonnavorsingsgeselskap in Duitsland sintetiseer. 1992 – Geweld skaad 'n anti-rassisme optog in Duitsland wat daarop gemik was om protes aan te teken teen regse aanvalle op vlugtelinge.
Geboortes 1387 – Hendrik V van Engeland, koning van Engeland († 1422). 1619 – Jean-Baptiste Colbert, Franse politikus († 1683). 1632 – John Locke, Engelse filosoof († 1704). 1795 – Abraham Faure, vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch († 1875). 1842 – Albert Henry Hime, Eerste Minister van Natal († 1919). 1915 – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise († 1982). 1920 – Charlie Parker, Amerikaanse jazz saxofoonspeler en komponis († 1955). 1921 – Iris Apfel, Amerikaanse sakevrou, binnehuisversierder en mode-ikoon († 2024). 1923 – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker († 2014). 1924 – Samuel Hynes, Amerikaanse vlieënier, letterkunde-professor en skrywer († 2019). 1936 – John McCain, Amerikaanse politikus († 2018). 1947 – James Hunt, Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 († 1993). 1948 – Paul Skelton, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van varswatervisse. 1953 – Diana Ferrus, Afrikaanse digter en skrywer († 2026). 1958 – Michael Jackson, Amerikaanse popsanger († 2009). 1961 – Ahmed Aboutaleb, Nederlandse politikus van Marokkaanse afkoms. 1964 – Steve Hofmeyr, Suid-Afrikaanse sanger en akteur. 1981 – Brian Chesky, Amerikaanse sakeman en industriële ontwerper en die medestigter en hoof- uitvoerende beampte van Airbnb.
Sterftes 886 – Basilius I die Masedoniër, Bisantynse keiser (* circa 830/835) 1799 – Pous Pius VI, die 250ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1717). 1957 – Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer (* 1890). 1974 – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman (* 1914). 1977 – Jean Hagen, Amerikaanse aktrise (* 1923). 1982 – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise (* 1915). 1985 – Evelyn Ankers, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1918). 1987 – Lee Marvin, Amerikaanse akteur (* 1924). 1992 – Félix Guattari, Franse psigiater (* 1930). 2000 – Shelagh Fraser, Engelse aktrise (* 1922). 2004 – Hans Vonk, Nederlandse dirigent (* 1942). 2005 – Jurgens Lambrechts, bekende deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme (* 1932). 2007 – Pierre Messmer, Franse politikus, 154ste Eerste Minister van Frankryk (* 1916). 2008 – Geoffrey Perkins, Engelse akteur en vervaardiger (* 1953). 2016 – Gene Wilder, Amerikaanse akteur, komediant en filmregisseur (* 1933). 2019 – Phil Heemstra, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van seevisse (* 1941). 2020 – Jürgen Schadeberg, Duitsgebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar (* 1931). 2021 – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee (* 1942). 2021 – Ed Asner, Amerikaanse akteur (* 1929). 2022 – Charlbi Dean, Suid-Afrikaanse aktrise en model (* 1990).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Avilius van Alexandrië derde patriarg van die Kerk in Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Augustus