23 Augustus is die 235ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (236ste in skrikkeljare). Daar volg nog 130 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|regs|125px|Lunar Orbiter 1 1268 – Slag van Tagliacozzo: Karel van Anjou verslaan Conradin en neem hom gevange. 1673 – Die Zoetendaal strand by Struisbaai. 1783 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) sluit aan by die Camaldolese klooster in Murano. 1820 – Die South African Bible Society, voorloper van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika word onder die leierskap van Rufane Donkin gestig. 1833 – Slawerny word in die Britse kolonies, insluitend die Kaapkolonie, afgeskaf. 1866 – Die Oostenryk-Pruisiese Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Praag. 1927 – Italiaanse anargiste Nicola Sacco en Bartolomeo Vanzetti word in Amerika tereggestel. 1939 – In Moskou word die Molotof-Ribbentrop-verdrag gesluit. 1944 – Koning Michael van Roemenië ontslaan die pro-Nazi-regering van generaal Ion Antonescu. 1961 – Ranger 1, 'n onbemande Amerikaanse ruimtetuig, word lanseer. 1966 – NASA se Lunar Orbiter 1 neem die eerste foto van die Aarde vanaf 'n wentelbaan om die Maan. 1978 – Tien Suid-Afrikaanse soldate sterf en 10 word gewond tydens 'n SWAPO-vuurpylaanval op 'n basis in Katima Mulilo in die Caprivistrook. 2021 – Babita Deokaran, 'n Suid-Afrikaanse fluitjieblaser word vermoor omdat sy korrupsie by die Gautengse Departement van Gesondheid aangemeld het, waar sy as waarnemende hoofdirekteur finansiële rekeningkundige beampte begin werk het. 2023 – Jewgeni Prigozjin, Wagner-groep finansier en nege ander sterf in ‘n vliegongeluk in die Twer-oblast in Rusland.

Geboortes 1696 – Jan de Marre, Nederlandse skrywer († 1763). 1740 – Iwan VI van Rusland, tsaar van Rusland († 1764). 1754 – Lodewyk XVI, Franse koning tydens die Franse Rewolusie († 1793). 1867 – Edgar de Wahl, skepper was van die kunsmatige taal Interlingue († 1948). 1894 – A.A. Pienaar, Afrikaanse skrywer wat onder die skuilnaam Sangiro gepubliseer het († 1979). 1927 – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke († 2017). 1927 – Hans Zanotelli, Duitse dirigent († 1993). 1928 – Dulsie van den Bergh, Suid-Afrikaanse aktrise († 1997). 1932 – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië († 1978). 1935 – Sol Kerzner, Suid-Afrikaanse hotelmagnaat († 2020). 1954 – Ngconde Balfour, Suid-Afrikaanse kabinetsminister. 1955 – James Selfe, Suid-Afrikaanse politikus († 2024). 1969 – Tinus Linee, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2014). 1977 – Jared Fogle, Amerikaanse akteur en veroordeelde kindermolesteerder. 1983 – Tshidi Madia, Suid-Afrikaanse politieke joernalis († 2025). 1985 – Stephen Miller, Amerikaanse politieke adviseur wat dien as die 12de Verenigde State se tuislandveiligheidsadviseur. 1986 – Jeroen Dera, Nederlandse letterkundige en literatuurkritikus.

Sterftes 30 – Caesarion, Egiptiese koning (* 47). 93 – Gnaeus Iulius Agricola, Romeinse generaal (* 40). 1305 – William Wallace, Skotse ridder, tereggestel deur Engelse koning (* 1272). 1618 – Gerbrand Bredero, Nederlandse digter en dramaturg (* 1585) 1806 – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur (* 1736). 1892 – Deodoro da Fonseca, politikus en eerste President van Brasilië (* 1827). 1933 – Adolf Loos, Oostenrykse argitek en teoretikus van moderne boustyl (* 1870). 1940 – Florence Phillips, weldoener, skryfster en bevorderaar van Suid-Afrikaanse kuns (* 1863). 1944 – Abdülmecid II, Ottomaanse sultan en kalif (* 1868). 1962 – Hoot Gibson, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1892). 1966 – Francis X. Bushman, Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer (* 1883). 1966 – Irma Stern, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1894). 1989 – R. D. Laing, Skotse psigiater en skrywer (* 1927). 2001 – Kathleen Freeman, Amerikaanse aktrise (* 1919). 2002 – Stafford Beer, Britse stelselteoretikus en konsultant. (* 1926). 2005 – Brock Peters, Amerikaanse akteur (* 1927). 2023 – Theuns Stofberg, Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein (* 1955). 2024 – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer (* 1937).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Irenaeus van Lyon in die Ortodokse Kerk. Feesdag van Pous Theonas van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk, ook op 28 Desember.

Kategorie:Augustus