28 Augustus is die 240ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (241ste in skrikkeljare). Daar volg nog 125 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1521 – Süleyman I die Grote verower Belgrado. 1789 – William Herschel ontdek Enkelados, die sesde grootste maan van die planeet Saturnus. 1794 – Pous Pius VI publiseer "Auctorem fidei" teen biskop Scipione del Ricci en die sinode van Pistoia. 1833 – Die Britse parlement verbied slawerny in die Britse Ryk. 1842 – Die skip Waterloo vergaan met groot lewensverlies by die mond van die Soutrivier in Tafelbaai. 1963 – Martin Luther King Jr. lewer sy "I have a dream"-toespraak in Washington, D.C., Verenigde State. 2026 – Ná Harald V se afsterwe word sy seun Haakon VIII nuwe koning van Noorweë.
Geboortes 854 – Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi, 'n Persiese skolier, dokter, alchemis, chemikus en filosoof circa († 925). 1476 – Kanō Motonobu, Japannese skilder († 1559). 1748 – Tjaart van der Walt, Suid-Afrikaanse militaris († 1802). 1749 – Johann Wolfgang von Goethe, Duitse skrywer, dramaturg en filosoof († 1832). 1814 – Sheridan Le Fanu, Ierse skrywer van Gotiese romans († 1873). 1941 – Joseph Shabalala, Suid-Afrikaanse sanger en stigter van Ladysmith Black Mambazo († 2020). 1875 – M.E.R., Afrikaanse skrywer († 1975). 1890 – G.C. Hobson, Afrikaanse skrywer († 1945). 1894 – Karl Böhm, Oostenrykse dirigent († 1981). 1899 – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus († 1966). 1929 – Ken Gampu, Suid-Afrikaanse rolprentakteur († 2003). 1942 – José Eduardo dos Santos, Angolese politikus († 2022). 1942 – Ludwig Taschner, bekende rooskweker noordoos van Pretoria. 1943 – Surayud Chulanont, oud-Thaise politikus. 1947 – Irma Joubert, Afrikaanse geskiedkundige fiksieskrywer. 1957 – Rick Rossovich, Amerikaanse akteur. 1958 – Whip Hubley, Amerikaanse akteur. 1959 – Brian Thompson, Amerikaanse akteur. 1969 – Jack Black, Amerikaanse akteur. 1980 – Johny Klein, Suid-Afrikaanse akteur. 1989 – Valtteri Bottas, Finse Formule Eenrenjaer. 1995 – Elandré Schwartz, Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer.
Sterftes 430 – Augustinus van Hippo, Christelike leier, filosoof en skrywer uit Noord-Afrika (* 354). 632 – Fatimah, dogter van die profeet Mohammed (* 605). 1904 – Anne van Rooy, stammoeder van die Van Rooy-familie in Suid-Afrika (* 1834). 1959 – Bohuslav Martinů, Tsjeggiese komponis (* 1890). 1961 – Wilhelm Johannes Verwoerd, vader van Hendrik Frensch Verwoerd (* 1874). 1961 – Vladimir Sofronitsky, Russiese klassieke pianis (* 1901). 1976 – Anissa Jones, Amerikaanse aktrise (* 1958). 1985 – Ruth Gordon, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1896). 1987 – John Huston, Ierse akteur en regisseur (* 1906). 1995 – Earl W. Bascom, Amerikaanse akteur, rodeoruiter en skilder (* 1906). 2007 – Miyoshi Umeki, Japannees-Amerikaanse aktrise (* 1929). 2008 – George Weideman, 'n Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg (* 1947). 2017 – Mireille Darc, Franse aktrise en model (* 1938). 2020 – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer (* 1976). 2026 – Harald V, koning van Noorweë (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Augustus