24 Augustus is die 236ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (237ste in skrikkeljare). Daar volg nog 129 dae in die res van die jaar.

Gebeure 79 – 'n Uitbarsting van die vulkaan Vesuvius verwoes die Romeinse stede Pompeji en Herculaneum. 394 – Laaste datum van 'n opskrif in hiërogliewe. Dit staan op die poort van Hadrianus in Philae. 410 – Die Wesgote onder leiding van Alarik I verower Rome. 1572 – Sint Bartolomeusnag, massamoord op die Franse Hugenote. 1653 – Eerste doop in die NG gemeente Kaapstad bedien. 1671 – Pous Clemens X stel drie nuwe kardinale aan waaronder Johann Eberhard Nidhard. 1690 – Pous Alexander VIII veroordeel die leer van die filosofiese sondes. 1807 – Pous Pius VII stel Francesco Guidobono Cavalchini, goewerneur van Rome aan as kardinaal. 1814 – Washington, D.C. word afgebrand tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Die mure van die Withuis word daarna wit geverf om die rookskade te bedek. 1991 – Oekraïne en Rusland word van die Sowjetunie onafhanklik. 2006 – Die Internasionale Astronomiese Unie besluit finaal dat Pluto nie aan die nuwe definisie van 'n planeet voldoen nie en nou as 'n dwergplaneet beskou word. 2013 – Rugby: Die All Blacks is weer die Bledisloebekerwenner, ná hulle die Wallabies van Australië met 2-0 toetse verslaan het in Wellington, Nieu-Seeland. Dit is die elfde agtereenvolgende jaar wat hulle dit vermag.

Geboortes 1552 – Lavinia Fontana, Italiaanse skilderes († 1614). 1664 – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1733). 1772 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland († 1843). 1801 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg († 1880). 1809 – Philip Blommaert, Vlaamse skrywer († 1871). 1879 – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika († 1966). 1882 – Eva Speyer, Duitse aktrise († 1975). 1894 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter († 1959). 1902 – Carlo Gambino, berugte Italiaans-Amerikaanse bendeleier van die Gambino-mafia-familie († 1976). 1936 – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler († 2012). 1944 – Gregory Jarvis, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986). 1946 – Ray Moore, voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. 1957 – Stephen Fry, Britse akteur. 1958 – Steve Guttenberg, Amerikaanse akteur. 1961 – Jared Harris, Britse akteur. 1973 – Dave Chappelle, Amerikaanse komediant. 1976 – Alex O'Loughlin, Australiese akteur.

Sterftes 1042 – Michael V, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1015). 1572 – Gaspard de Coligny, admiraal van Frankryk en Protestantse leier (* 1519). 1803 – Gregorio Fontana, Italiaanse wiskundige (* 1735). 1929 – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter (* 1878). 1940 – John Stephen Curlewis, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1863). 1958 – Johannes Gerhardus Strijdom, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1893). 2013 – Julie Harris, Amerikaanse aktrise (* 1925). 2014 – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker (* 1923). 2020 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo (* 1931). 2022 – Christian Hjejle, Deense akteur (* 1940).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Augustus