duimnael|200px|Generaal Louis Botha sterf.
27 Augustus is die 239ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (240ste in skrikkeljare). Daar volg nog 126 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1712 – Pous Clemens XI verklaar Ceslas Odrowaz salig. 1900 – Die Slag van Bergendal, die laaste standgeveg in die Anglo-Boereoorlog, word by Dalmanutha in die ZAR beëindig. 1933 – Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem. 1962 – Mariner-program: Mariner 2 word lanseer. 1991 – Moldowa word van die Sowjetunie onafhanklik. 1992 – Dieter Gerhardt, gewese bevelvoerder van die Simonstadse vlootbasis wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir die Sowjetunie gespioeneer het, word na Switserland gedeporteer.
Geboortes 1770 – Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Duitse filosoof en akademikus († 1831). 1856 – Ivan Franko, Oekraïense skrywer, openbare digter, vertaler en filosoof († 1916). 1869 – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland († 1946). 1870 – Amado Nervo, Meksikaanse joernalis, digter en diplomaat († 1919). 1878 – Jopie Fourie, ’n Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog en sterf as martelaar vir die Boere tydens die rebellie († 1914). 1890 – Man Ray, Franse fotograaf en skilder († 1976). 1893 – Genl. Dan Pienaar, aanvoerder van die 1ste SA Divisie tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1942). 1908 – Lyndon B. Johnson, 36ste President van die Verenigde State († 1973). 1910 – Moeder Teresa, Kolkata, Indië († 1997). 1911 – Kay Walsh, Engelse aktrise en danseres († 2005). 1916 – Martha Raye, Amerikaanse aktrise en komediant († 1994). 1921 – Leo Penn, Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer († 1998). 1922 – Cate Bauer, Engelse aktrise. 1924 – Ds. Vidius Nel, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 2007). 1928 – Mangosuthu Buthelezi, politikus, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty († 2023). 1941 – Harrison Page, Amerikaanse akteur. 1941 – Cesária Évora volksangeres van Kaap Verde († 2011). 1943 – Tuesday Weld, Amerikaanse model en aktrise. 1947 – Barbara Bach, Amerikaanse model en aktrise. 1953 – Peter Stormare, Sweedse akteur, regisseur en skrywer. 1954 – Derek Warwick, Britse beroepsmotorrenjaer. 1955 – Pieter Groenewald, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige leier van die Vryheidsfront Plus. 1955 – Diana Scarwid, Amerikaanse aktrise. 1958 – Tom Lanoye, Belgiese skrywer en digter. 1959 – Gerhard Berger, Oostenrykse renjaer. 1964 – Ronel Nel, Afrikaanse skrywer († 2022). 1966 - René Higuita, oud-Colombiaanse professionele sokkerspeler wat as doelwagter gespeel het. 1969 – Reece Shearsmith, Engelse akteur, komediant en skrywer. 1969 – Chandra Wilson, Amerikaanse aktrise en regisseuse. 1976 – Sarah Chalke, Kanadese aktrise. 1976 – Mark Webber, Australiese motorrenjaer. 1979 – Aaron Paul, Amerikaanse akteur. 1980 – CJ van der Linde, Springbokrugbyspeler. 1985 – Danica Curcic, Deense aktrise. 1986 – Sebastian Kurz, Oostenrykse politikus, 25ste kanselier van Oostenryk. 1990 – Luuk de Jong, Nederlandse sokkerspeler. 1992 – Blake Jenner, Amerikaanse akteur en sanger. 1995 – Sergei Sirotkin, Russiese renjaer.
Sterftes 827 – Pous Eugenius II, die 99ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1576 – Titiaan, Italiaanse skilder wat tydens die Renaissance aktief was (* circa 1488/1490). 1635 – Lope de Vega Carpio, een van die belangrikste digters en dramaturge van die Spaanse Goue Eeu (* 1562). 1664 – Francisco de Zurbarán, Spaanse skilder (* 1598). 1666 – Iwan V van Rusland, tsaar van Rusland († 1696). 1727 – Aert de Gelder, Nederlandse skilder (* 1645). 1851 – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap (* 1775). 1899 – Emmanuel Hiel, Vlaams-Nederlandse digter en prosaskrywer (* 1834). 1919 – Generaal Louis Botha, eerste minister van die Unie van Suid-Afrika (* 1862). 1958 – Priscilla Lawson, Amerikaanse aktrise (* 1914). 1964 – Gracie Allen, Amerikaanse aktrise en komediant (* 1895). 1965 – Le Corbusier, Switserse argitek en stadsbeplanner (* 1887). 1969 – Erika Mann, Duitse aktrise en outeur (* 1905). 1971 – Margaret Bourke-White, Amerikaanse fotograaf en joernalis (* 1906). 1975 – Haile Selassie, Ethiopiese staatshoof (* 1892). 1979 – Louis Mountbatten, ’n Britse staatsman en vlootoffisier (* 1900). 1990 – Stevie Ray Vaughan, Amerikaanse kitaarspeler (* 1954). 1991 – David Poole, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf en balletonderwyser (* 1925). 1996 – Greg Morris, Amerikaanse akteur (* 1933). 1998 – Klaas Steytler, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1922). 2012 – Neville Alexander, Suid-Afrikaanse taalkundige en anti-apartheidsaktivis (* 1936). 2024 – Anastasia de Vries, Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer en lektor (* 1960). 2025 – Tshidi Madia, Suid-Afrikaanse politieke joernalis (* 1983).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Augustus