25 Augustus is die 237ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (238ste in skrikkeljare). Daar volg nog 128 dae in die res van die jaar.

Gebeure 608 – Pous Bonifatius IV volg Pous Bonifatius III op. 1329 – Teenpous Nicolaas V onderwerp hom aan Pous Johannes XXII. 1471 – Pous Sixtus IV word gekroon deur kardinaal Rodrigo Borja y Borja. 1980 – Zimbabwe word lid van die Verenigde Nasies 1991 – Belarus word van die Sowjetunie onafhanklik. 1993 – Amy Biehl, 'n Amerikaanse nagraadse student, word deur 'n groep jeugdiges in Gugulethu, naby Kaapstad, vermoor. 1998 – 'n Pypbom ontplof in die restaurant Planet Hollywood in die Kaapstadse Victoria & Alfred Waterfront. Twee mense sterf en 26 is beseer.

Geboortes 1530 – Iwan die Verskriklike, tsaar van Rusland († 1584). 1744 – Johann Gottfried von Herder, Duitse digter († 1803). 1802 – Niels Henrik Abel, Noorse wiskundige († 1829). 1917 – Mel Ferrer, Amerikaanse filmakteur, -regisseur en vervaardiger († 2008). 1918 – Leonard Bernstein, Amerikaanse dirigent en komponis († 1990). 1912 – Erich Honecker, Oos-Duitse leier († 1994). 1930 – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger († 2020). 1931 – Regis Philbin, Amerikaanse akteur († 2020). 1933 – Tom Skerritt, Amerikaanse akteur. 1938 – Frederick Forsyth, Engelse romanskrywer en joernalis († 2025). 1949 – Gene Simmons, Israeli-Amerikaanse musikant, sanger en akteur. 1958 – Bjarte Engeset, Noorse dirigent. 1960 – David Mabuza, ANC-politikus en agtste adjunkpresident van Suid-Afrika († 2025). 1961 – Billy Ray Cyrus, Amerikaanse countrysanger. 1964 – Blair Underwood, Amerikaanse akteur. 1964 – Saverio Guerra, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer. 1966 – Sarah Boberg, Deense aktrise. 1966 – Michael Cohen, veroordeelde Amerikaanse advokaat. 1968 – David Alan Basche, Amerikaanse akteur. 1970 – Claudia Schiffer, Duitse fotomodel, aktrise en mode-ontwerper. 1971 – Nico Panagio, Suid-Afrikaanse akteur en TV-aanbieder. 1978 – Kel Mitchell, Amerikaanse akteur, komediant en musikant. 1979 – Kim Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise, sangeres en TV-aanbieder. 1981 – Rachel Bilson, Amerikaanse aktrise. 1987 – Blake Lively, Amerikaanse aktrise. 1998 – China Anne McClain, Amerikaanse aktrise en sangeres. 2006 – Kimi Antonelli, Italiaanse Formule Een-motorrenjaer.

Sterftes 383 – Gratianus, Romeinse Keiser (* 359). 1699 – Christiaan V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1646). 1776 – David Hume, Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis (* 1711). 1819 – James Watt, Skotse uitvinder en meganiese ingenieur (* 1736). 1822 – William Herschel, ’n Britse sterrekundige (* 1738). 1867 – Michael Faraday, Britse fisikus (* 1791). 1900 – Friedrich Nietzsche, Duitse filosoof en filoloog (* 1844). 1908 – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1835). 1914 – Jacobus Abraham Smuts, vader van genl. Jan Smuts (* 1845). 1927 – Elizabeth Maria Molteno, Suid-Afrikaanse kampvegter vir burger- en vroueregte (* 1852). 1948 – Frederic Creswell, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1866). 1966 – Wolfgang Langhoff, 'n Duitse akteur en regisseur (* 1901). 1995 – Rona Rupert, Afrikaanse jeugverhaalskrywer (* 1934). 2012 – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930). 2018 – John McCain, Amerikaanse politikus (* 1936). 2022 – Victor Edouard d'Assonville, Suid-Afrikaanse teoloog, historikus en skrywer (* 1927). 2022 – Margaretha Lategan Spies, Suid-Afrikaanse onderwyseres en hoof van die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein (* 1916). 2026 – Dolly Parton, Amerikaanse countrysangeres (* 1946). 2026 – Tim Curry, Britse akteur en sanger (* 1946).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van koning Lodewyk IX van Frankryk (Lodewyk die Heilige) in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Augustus