21 Augustus is die 233ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (234ste in skrikkeljare). Daar volg nog 132 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1740 – Pous Benedictus XIV word gekroon deur kardinaal Carlo Maria de' Marini. 1901 – Die Cadillac Motormaatskappy word gestig in Detroit, Michigan, Verenigde State. 1959 – Hawaii word die 50ste deelstaat van die Verenigde State. 1963 – Afrika se noordelike lugruim word weens politieke redes vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuie gesluit wat na en van die Verenigde Koninkryk en Europa vlieg. Alternatiewe reëlings word getref sodat om die boog van Wes-Afrika gevlieg kon word. 1972 – Die olietenkskepe Texanita en Oswego Guardian bots voor Stilbaai en eersgenoemde sink. 1977 – Sestien plaaswerkers word doodgeskiet deur ZANLA-kaders by die Odzanu Junction-plaas naby Umtali, Rhodesië. 1986 – Giftige gas ontsnap van die vulkaniese Nyosmeer in Kameroen en meer as 1 700 mense sterf. 1989 – Raymond Suttner, anti-apartheidsaktivis en dosent in die regte aan Wits, woon die kongres van die OAE in Harare by, ondanks sy inperking. 1991 – Letland word van die Sowjetunie onafhanklik.

Geboortes 1165 – Filips II van Frankryk, koning van Frankryk († 1223). 1698 – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse strykinstrumentmaker van die Guarneri-familie van Cremona († 1744). 1765 – William IV, koning van Groot-Brittanje († 1837). 1789 – Augustin Louis Cauchy, Frans wis- en natuurkundige († 1857). 1797 – John Montagu, koloniale sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop († 1853). 1824 – Egidius Benedictus Watermeyer, Suid-Afrikaanse skrywer en regter († 1867). 1904 – Count Basie, Amerikaanse musikant en komponis († 1984). 1917 – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika († 2000). 1929 – Ahmed Kathrada, ANC-lid en anti-apartheidsaktivis († 2017). 1930 – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike († 2002). 1938 – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger en akteur († 2020). 1939 – Festus Mogae, politikus en derde president van Botswana (1998–2008) († 2026). 1942 – Maria Kaczyńska, Poolse presidentsvrou († 2010). 1943 – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant († 2000). 1944 – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer († 2002). 1945 – Patty McCormack, Amerikaanse aktrise. 1955 – Ngoako Ramathlodi, politikus en voormalige premier van Limpopoprovinsie. 1956 – Kim Cattrall, Kanadees-Britse aktrise. 1959 – Margaret Gardiner, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin en joernalis. 1961 – Stephen Hillenburg, Amerikaanse animator, bedenker van SpongeBob SquarePants († 2018). 1967 – Carrie-Anne Moss, Kanadese model en rolprentaktrise. 1975 – Alicia Witt, Amerikaanse aktrise. 1986 – Usain Bolt, Jamaikaanse atleet. 1986 – Paetongtarn Shinawatra, Eerste Minister van Thailand. 1989 – Rob Knox, Britse akteur († 2008). 1989 – Hayden Panettiere, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2026). 1992 – Felipe Nasr, Brasiliaanse F1-renjaer.

Sterftes 1870 – Johannes Poortermans, Nederlands gebore skilder en litograaf (* 1786). 1938 – Frans Engelenburg, Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur en tweekeer voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (* 1863). 1940 – Leon Trotsky, Russiese teoretikus en politikus (* 1879). 1978 – Nicolaas Diederichs, politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) (* 1903). 1982 – Sobhuza II, Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland (* 1899). 2014 – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper (* 1933). 2018 – John van Reenen, Suid-Afrikaanse wêreldrekordhouer in skyfwerp (* 1947). 2018 – Stefán Karl Stefánsson, Yslandse akteur en sanger (* 1975). 2021 – Nicoletta Orsomando, Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise (* 1929). 2024 – William Smith, Suid-Afrikaanse wetenskap- en wiskunde-onderwyser, bekend op televisie (* 1939).

Gepubliseer 1871 – Die apostoliese konstitusie "In Hac Sublimi" deur Pous Pius IX.

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Augustus