18 Augustus is die 230ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (231ste in skrikkeljare). Daar volg nog 135 dae in die res van die jaar.
Gebeure 778 – Slag van Roncevalles, besing in die Rolandslied. 1516 – Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI) word biskop van Tortosa, Spanje. 1665 – Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika gestig (1665) met die landing van ds. Johannes van Arckel as eerste leraar van die NG gemeente Kaapstad. 1748 – Pous Benedictus XIV verklaar Joseph Calasanz salig. 1877 – Asaph Hall ontdek Mars se grootste en naaste maan, Phobos. 1932 – Die Switserse professor August Piccard se vlug in die stratosfeer op ´n hoogte van 16 201 m bo seevlak breek die wêreldrekord. 1964 – Weens apartheid word Suid-Afrika uit die Olimpiese Spele-beweging geskors.
Geboortes 1830 – Frans Josef I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk en eerste keiser van Oostenryk-Hongarye († 1916). 1855 – Adriaan Moorrees, teoloog en leier in die NG Kerk, skrywer en digter († 1938). 1870 – Sarel Eloff, Boere-kommandant van die ZAR en ’n kleinseun van pres. Paul Kruger († 1944). 1906 – André van Gyseghem, Engelse akteur en teaterdirekteur († 1979). 1927 – Rosalynn Carter, die Verenigde State se Eerste Dame tussen 1977 en 1981. 1927 – Victor Edouard d'Assonville, Suid-Afrikaanse akademiese teoloog, historikus en skrywer († 2022). 1933 – I.D. Lamprecht, Suid-Afrikaanse skrywer († 2017). 1935 – Hifikepunye Lucas Pohamba, tweede president van Namibië en leier van SWAPO. 1936 – Robert Redford, Amerikaanse akteur († 2025). 1971 – Kevin Leo, Suid-Afrikaanse opera- en ligte liedjiesanger. 1984 – Wilhelm van der Walt, Suid-Afrikaanse akteur, Ty in 7de Laan. 1989 – Willie le Roux, Springbokrugbyspeler. 1989 – Reeza Hendricks, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes 440 – Pous Sixtus III, die 44ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1276 – Pous Adrianus V, die 186ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1220). 1258 – Theodorus II Laskaris, keiser van die Niceense Ryk (* circa 1222). 1503 – Pous Alexander VI, die 214de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1431). 1559 – Pous Paulus IV, die 223ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1476). 1793 – Joachim van Plettenberg, goewerneur van die Kaapkolonie (* 1739). 1829 – Sir David Baird, Britse generaal en militêre goerwerneur in die Kaapkolonie (* 1757). 1840 – A.C.W. Staring, Nederlandse landheer, landboukundige en digter (* 1767). 1917 – Charles Eugène Bertrand, 'n Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog (* 1851). 1940 – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf (* 1875). 1941 – Robert English, Engelse akteur (* 1878). 2015 – Khaled al-Asaad, Siriese argeoloog (* 1934). 2018 – Kofi Annan, Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1938). 2024 – Alain Delon, Franse akteur (* 1935). 2024 – Phil Donahue, Amerikaanse mediapersoonlikheid, skrywer en filmvervaardiger (* 1935).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Sixtus III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Augustus