11 Augustus is die 223ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (224ste in skrikkeljare). Daar volg nog 142 dae in die res van die jaar.

Gebeure 3114 v.C. – Begin van die huidige era in die Maja Langtellingkalender. 480 v.C. – Perse onder Xerxes verslaan die Spartaane onder Koning Leonidas I in die Slag van Thermopylae. 1492 – Pous Alexander VI volg Pous Innocentius VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1264 – Pous Urbanus IV stel die fees van Corpus Christi in. 1678 – Vrede van Nijmegen: verdrag tussen Frankryk en Nederland Republiek gesluit. 1697 – Pous Innocentius XII verklaar Maria de la Cabeza salig. 1800 – Pous Pius VII stel Diego Innico Caracciolo, apostoliese protonotarius en Ercole Consalvi, ouditeur van die Heilige Roomse Rota aan as kardinale. 1904 – Die Slag by Waterberg lei tot die volksslagting van die Herero's in die Opstand van die Herero's en Namas. 1960 – Tsjad word van Frankryk onafhanklik. 1919 – Die grondwet van die Weimar Republiek word aangeneem. 1965 – Watts Onluste begin ses dae van oproer in Los Angeles, Kalifornië.

1999 – Die laaste algehele sonsverduistering van die eeu word deur meer as 350 miljoen mense in verskeie lande in Europa en Asië waargeneem. 2003 – NAVO neem beheer van die vredesmag in Afghanistan oor – die eerste noemenswaardige krygsverrigting deur NAVO buite Europa sedert die organisasie se totstandkoming 54 jaar tevore.

Geboortes 1759 – Sir John Cradock, die derde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. († 1839) 1882 – Rodolfo Graziani, Italiaanse maarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog. († 1955) 1897 – Enid Blyton, Britse outeur van Noddy, Famous Five en Secret Seven. († 1968) 1900 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet en akteur. († 1943) 1904 – P. de V. Pienaar, Afrikaanse taalkundige en skrywer. († 1978) 1909 – Marthinus Versfeld, Suid-Afrikaanse filosoof. († 1995) 1926 – Aaron Klug, Britse skeikundige en biochemikus. († 2018) 1935 – Lofty Nel, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler. († 2016) 1939 – Engela van Rooyen, Afrikaanse skryfster. 1949 – Eric Carmen, Amerikaanse sanger († 2024). 1953 – Hulk Hogan, Amerikaanse professionele stoeier (s. 2025). 1965 – Embeth Davidtz, Afrikaans- en Engelstalige aktrise. 1975 – Asma Fawaz al-Assad, Eerste dame van Sirië. 1995 – Brad Binder, Suid-Afrikaanse Grand Prix motorfietsrenjaer.

Sterftes 1614 – Lavinia Fontana, Italiaanse skilderes (* 1552). 1771 – Ryk Tulbagh, goewerneur van die Kaap de Goede Hoop (* 1699). 1872 – Andrew Smith, Skotse dierkundige in Suid-Afrika (* 1797). 1919 – Andrew Carnegie, Amerikaanse staalbaron (* 1835). 1956 – Jackson Pollock, Amerikaanse skilder (* 1912). 1988 – Anne Ramsey, Amerikaanse aktrise (* 1929). 1998 – Derek Newark, Engelse filmakteur (* 1933). 2008 – Fred Sinowatz, Oostenrykse politikus en staatsman, Kanselier van Oostenryk (* 1929). 2008 – George Furth, Amerikaanse akteur (* 1932). 2014 – Robin Williams, Amerikaanse akteur en komediant (* 1951). 2018 – George Stevens, Suid-Afrikaanse bariton. 2018 – V.S. Naipaul, Britse skrywer afkomstig van Trinidad en Tobago (* 1932). 2020 – Trini Lopez, Amerikaanse sanger van Meksikaanse afkoms (* 1937).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Feesdag van Pous Gajus in die Ortodokse Kerk. Onafhanklikheidsdag in Tsjad (1960)

Kategorie:Augustus