12 Augustus is die 224ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (225ste in skrikkeljare). Daar volg nog 141 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|125px|'n Kwagga in die Londense dieretuin in 1870 duimnael|125px|Die Verenigde State ná die Spaans-Amerikaanse Oorlog: Tien duisend myle vanaf Puerto Rico tot die Filippyne. 1099 – Godfried van Bouillon verslaan die Sarasene. Die Koninkryk van Jerusalem word gestig. 1308 – Pous Clemens V publiseer die aanklagte teen die Tempeliers. 1812 – Die eerste tandratspoor ter wêreld word in Groot-Brittanje in gebruik geneem. 1851 – Isaac Singer verkry 'n patent vir sy naaimasjien. 1877 – Asaph Hall ontdek Mars se kleinste en uiterste maan, Deimos. 1883 – Die laaste kwagga sterf in 'n Amsterdamse dieretuin. 1898 – Die Spaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die anneksasie van die Filippyne, Guam, Kuba en Puerto Rico deur die Verenigde State. 1908 – Die eerste Model T motor word geproduseer deur die Ford Motor Company. 1953 – Die Sowjetunie laat hulle eerste waterstofbom ontplof. 1975 – John Walker slaag daarin om die eerste Supermyl te hardloop; die myl in 3:49:04. 1981 – IBM stel die nuwe kantoor- en verbruikersproduk , die IBM persoonlike rekenaar (Engels: PC), bekend. 1985 – 'n Boeing 747SR van die lugredery Japan Airlines bots teen Takamagaharaberg - 520 mense sterf. 1990 – 'n Tyrannosaurus rex se fossiel word in Suid-Dakota ontdek. 2000 – Die Russiese kernduikboot, K-141 Koersk, sink in die Barentssee - 118 seemanne sterf.

Geboortes 1503 – Christiaan III van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1559). 1720 – Konrad Ekhof, Duitse akteur en regisseur († 1778) 1762 – George IV, Britse koning († 1830). 1775 – Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad († 1847). 1779 – Johannes Janse van Rensburg, Voortrekkerleier († 1836). 1857 – Sir Henricus Hubertus Juta, speaker en regter van die Kaapkolonie († 1930). 1887 – Erwin Schrödinger, Oostenrykse fisikus († 1961). 1930 – George Soros, internasionale finansier, bestuurder van fondse en filantroop. 1932 – Alwyn du Plessis, Gereformeerde predikant († 2021). 1933 – P.J. Bosman, Afrikaanse digter en skrywer († 2025). 1952 – Charlie Whiting, Britse Formule 1 en motorsportadministrateur († 2019). 1954 – François Hollande, Franse president (2012–2017). 1955 – Heintje Simons, Nederlandse sanger. 1960 – Cameron Mackenzie, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die Demokratiese Alliansie († 2021). 1971 – Pete Sampras, voormalige Amerikaanse tenniswêreldkampioen. 1975 – Casey Affleck, Academy- en Golden Globe-genomineerde Amerikaanse akteur. 1977 – Zanne Stapelberg, Suid-Afrikaanse operasangeres. 1995 – Nicholas Dlamini, Suid-Afrikaanse fietsryer.

Sterftes 30 v.C. – Cleopatra (39), laaste koningin van Egipte (* 69 v.C.). 1484 – Pous Sixtus IV, die 212de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1414). 1648 – Ibrahim, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1615). 1689 – Pous Innocentius XI, die 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1611). 1827 – William Blake, Engelse waterverfskilder (* 1757). 1847 – Michiel van Breda, die eerste burgemeester van Kaapstad (* 1775). 1928 – Leoš Janáček, Tsjeggiese komponis (* 1854). 1942 – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur (* 1907). 1955 – Thomas Mann, Duitse skrywer (* 1875). 1988 – Jean-Michel Basquiat, Amerikaanse kunstenaar (* 1960). 1978 – Gregor Wentzel, Duitse fisikus (* 1898). 1979 – Ernst Boris Chain, Duits-Britse biochemikus (* 1906). 1982 – Henry Fonda, Amerikaanse akteur (* 1905). 1999 – J.R. Hale, Britse geskiedkundige en vertaler.(* 1923). 2000 – Loretta Young, Amerikaanse aktrise (* 1913). 2014 – Lauren Bacall, Amerikaanse aktrise (* 1924). 2021 – Una Stubbs, Britse aktrise en danseres (* 1937). 2022 – Anne Heche, Amerikaanse aktrise,skryfster en vervaardiger (* 1969).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Internasionale Jeugdag Feesdag van die salige Pous Innocentius XI in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Augustus