5 Augustus is die 217de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (218de in skrikkeljare). Daar volg nog 148 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1087 – Pouslike troepe, gestuur deur Pous Victor III verower El Mahadia in Oos-Tunesië. 1305 – William Wallace, leier van die Skotse weerstand teen Engeland, word gevangene geneem naby Glasgow en na Londen vervoer vir verhoor en teregstelling. 1523 – Pous Adrianus VI word dodelik siek. 1669 – Pous Clemens IX stel twee nuwe kardinale aan waaronder Emmanuel Théodose de la Tour d'Auvergne de Bouillon. 1858 – Cyrus West Field en sy kollegas voltooi die eerste transatlantiese telegraafkabel. 1884 – Stigting van die Nieuwe Republiek met Vryheid as die hoofstad. 1914 – Die eerste elektriese verkeerslig word in Cleveland, Ohio geïnstalleer. 1960 – Burkina Faso word van Frankryk onafhanklik. 1962 – Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë botteltjie slaappille aan haar sy. 1966 - Augrabies- Nasionale Park word geproklameer. 1973 – Arabiese gewapende mans brand los op 'n stampvol vertreksaal by die Athene Internasionale Lughawe in Griekeland met drie sterfgevalle en 55 beserings tot gevolg. 1983 – Lede van die Ierse Republikeinse Leër word tot gesamentlik tot meer as 4 000 jaar gevangenisstraf gevonnis na een van Noord-Ierland se grootste massa-verhore. 1983 – Die olietenkskip Castillo de Bellver slaan aan die brand en veroorsaak 'n groot oliebesoedelingsramp aan die Suid-Afrikaanse Weskus. 2013 – Radio Rippel se naam verander na Groot FM.

Geboortes 1681 – Vitus Bering, Deense ontdekkingsreisiger († 1741). 1753 – Laurynas Gucevičius, Litause argitek († 1798) 1802 – Niels Henrik Abel, Noorweegse wiskundige († 1829). 1827 – Deodoro da Fonseca, Brasiliaanse veldmaarskalk en politikus, 1ste President van Brasilië († 1892). 1850 – Guy de Maupassant, Franse skrywer en digter († 1893). 1860 – Louis Wain, Engelse skilder wat veral bekend is vir sy skilderye van vermenslikte katte en katjies († 1939). 1870 – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog († 1918). 1887 – Reginald Owen, Engels-Amerikaanse akteur en sanger († 1972). 1906 – Joan Hickson, Amerikaanse aktrise († 1998). 1906 – John Huston, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer († 1987). 1914 – Parley Baer, Amerikaanse akteur († 2002). 1918 – Tom Drake, Amerikaanse akteur en sanger († 1982). 1921 – Ds. Pieter du Toit, predikant van die NG gemeente Drieankerbaai († 1989). 1921 – Terry Becker, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2014). 1924 – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus († 1999). 1930 – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder († 2012). 1930 – Damita Jo DeBlanc, Amerikaanse komediant, aktrise en sangeres († 1998). 1932 – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise († 2020). 1934 – Cammie King, Amerikaanse aktrise († 2010). 1936 – John Saxon, Amerikaanse akteur († 2020). 1946 – Loni Anderson, Amerikaanse aktrise († 2025). 1946 – Erika Slezak, Amerikaanse aktrise. 1947 – Angus Buchan, Zambiesgebore Suid-Afrikaanse evangelis. 1952 – Hun Sen Kambodjaanse politikus, sedert 1985 premier van Kambodja. 1956 – Maureen McCormick, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger. 1957 – Faith Prince, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1961 – Janet McTeer, Engelse aktrise. 1964 – Annesu de Vos, Suid-Afrikaansgebore Kanadese skryfster. 1966 – Jonathan Silverman, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1968 – Marine Le Pen (Marion Anne Perrine Le Pen), advokaat en Franse politikus. 1972 – Darren Shahlavi, Engels-Amerikaanse akteur († 2015). 1977 – Pieter Heerma, Nederlandse politikus. 1991 – Esteban Gutiérrez, Meksikaanse F1-motorrenjaer. 1997 – Olivia Holt, Amerikaanse aktrise en sanger. 1998 – Mimi Keene, Engelse aktrise.

Sterftes 1895 – Friedrich Engels, Duitse filosoof -(* 1820). 1907 – Gentil Theodoor Antheunis, Vlaamse digter (* 1840). 1946 – Wilhelm Marx, Duitse politikus en rykskanselier (* 1863). 1955 – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres (* 1909). 1962 – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise (* 1926). 1970 – Wollie Bronkhorst, SA argitek van kerkgeboue, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise (* 1901). 1976 – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter (* 1888). 1984 – Richard Burton, Britse akteur (* 1925). 2000 – Alec Guinness, Engelse akteur (* 1914) 2011 – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur (* 1963). 2014 – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise (* 1949). 2018 – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise (* 1926). 2019 – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster (* 1931). 2022 – Werner Nel, Suid-Afrikaans bariton (* 1941). 2023 – Mark Margolis, Amerikaanse akteur (* 1939). 2026 – Jean Lodge, Engelse aktrise (* 1927).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Anterus in die Ortodokse Kerk. Feesdag van Pous Fabianus in die Ortodokse Kerk. Onafhanklikheidsdag in Burkina Faso (1960).

Kategorie:Augustus