6 Augustus is die 218de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (219de in skrikkeljare). Daar volg nog 147 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1405 – Kardinaal Ludovico Migliorati, 'n nefie van Pous Innocentius VII vermoor elf lede van die Romeinse adel. Oproer volg en die pous vlug na Viterbo. 1573 – Pous Gregorius XIII stig die Duitse seminarie in Rome. 1623 – Pous Urbanus VIII volg Pous Gregorius XV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1770 – Pous Clemens XIV stel João Cosme da Cunha, aartsbiskop van Evora, aan as kardinaal. 1806 – Frans II abdikeer om Francis I, Keiser van Oostenryk te word en beëindig daarmee die Heilige Romeinse Ryk. 1919 – Landbouweekblad se eerste weeklikse uitgawe verskyn nadat die eerste uitgawe op 21 Mei in Bloemfontein verskyn het. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Verenigde State laat val 'n atoombom (Little Boy) op Hirosjima, Japan, met tussen 90 000 en 200 000 sterftes tot gevolg. 1962 – Jamaika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1977 – 'n Bom ontplof in Woolworth's in Salisbury, Rhodesië; 11 mense sterf en 76 word beseer. 1991 – Tim Berners-Lee stel die eerste inligting wat sy idee vir 'n wêreldwye web (WWW) beskryf, vry. 1995 – 50 000 mense woon 'n gedenkdiens in die Japannese stad Hirosjima by tydens die 50ste herdenking van die eerste atoombomaanval. 2001 – Die Amerikaanse president George W. Bush ontvang 'n daaglikse voorligtingwaarskuwing van 'n dreigende aanval deur Osama bin Laden. 2012 – Die Curiosity-verkenningstuig land op Mars. 2024 – Die Oekraïense Weermag loods 'n inval in Rusland se Koersk-oblast as deel van die voortslepende Russies-Oekraïnse Oorlog.

Geboortes 1619 – Barbara Strozzi, Italiaanse komponis en sanger van die vroeë baroktydperk († 1677) 1809 – Alfred Tennyson, Britse digter († 1892). 1844 – Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, 2de seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk († 30 Julie 1900). 1855 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus († 1936). 1876 – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan († 1927). 1878 – Johannes Rudolph Albertyn, Afrikaanse predikant van die NG Kerk († 1967). 1881 – Alexander Fleming, Britse bakterioloog, ontdekker van penisillien († 1955). 1883 – Margaret Joslin, Amerikaanse aktrise († 1956). 1910 – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur († 1982). 1911 – Lucille Ball, Amerikaanse aktrise († 1989). 1916 – Hugo Biermann, Hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot en Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag († 2012). 1918 – Prof. C.J.M. Nienaber, Afrikaanse letterkundige († 1988). 1928 – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar († 1987). 1972 – Sonja Loots, Suid-Afrikaanse skrywer. 1976 – Soleil Moon Frye, Amerikaanse aktrise en skryfster. 1980 – Vitantonio Liuzzi, Italiaanse professionele renjaer. 2001 – Ty Simpkins, Amerikaanse akteur.

Sterftes 258 – Marteldood van Pous Sixtus II, 24ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 523 – Pous Hormisdas, 52ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 450). 769 – Teenpous Constantinus II (* onbekend). 1458 – Pous Callixtus III, 209de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1378) 1585 – Jermak, Kosak-leier, Russiese volksheld en ontdekkingsreisiger in Siberië (* circa 1532/1542)) 1660 – Diego Velázquez, Spaanse skilder en die voorste skilder aan die hof van koning Filips IV (* 1599) 1746 – Christiaan VI van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1699). 1799 – Marcus Élieser Bloch, Duitse dokter en natuurkundige (* 1723) 1820 – Anton Wranitzky, Tsjeggiese komponis (* 1761). 1938 – Henry Sampson, leier in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1872). 1978 – Pous Paulus VI, 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1897). 2001 – Wilhelm Mohnke, Duitse Tweede Wêreldoorlog generaal (* 1911). 2009 – Charl van den Berg, Suid-Afrikaanse model en gay-aktivis (* 1981). 2020 – Bernard Stiegler, Franse filosoof (* 1952). 2020 – Brent Scowcroft, Amerikaanse lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur (* 1925).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Jamaika (1962), Bolivië (1825). Verheerliking van Jesus (Westelike Christendom). Feesdag van Pous Hormisdas in die Rooms-Katolieke Kerk.

Eksterne skakels

Kategorie:Augustus