8 Augustus is die 220ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (221ste in skrikkeljare). Daar volg nog 145 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1511 – Pous Julius II publiseer die bul Pontifex Romanus. 1585 – John Davis vaar in Cumberlandsont in opsoek na die Noordwesdeurgang. 1755 – Pous Benedictus XIV publiseer Quam ex sublimi oor die Apostoliese vikaris vir Oos-Indië. 1786 – Mont Blanc word vir die eerste keer geklim. 1876 – Thomas Edison ontvang 'n patent vir sy mimeograafmasjien. 1884 – George Eastman vind rolfilm uit. 1929 – Die Duitse lugskip Graf Zeppelin begin 'n vlug rondom die wêreld. 1938 – Joodse Volksmoord: Die Mauthausen konsentrasiekamp word in gebruik geneem. 1944 – Die Volksgereghof in Nazi Duitsland veroordeel agt weerstandsvegters tot die dood. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerde Magte begin Operasie Totalize. 1945 – Die Verenigde State, Frankryk, Engeland en die Sowjetunie teken die Verdrag van Londen wat lei tot die Neurenberg-verhore. 1949 – Bhutan word onafhanklik. 1963 – Die Groot Treinroof vind plaas in Engeland; ₤2.5 miljoen verdwyn. 1963 – 'n Avro Shackleton van die Suid-Afrikaanse Lugmag vlieg in die Stettynsberge vas. 1967 – Thailand, Indonesië, Maleisië, Filippyne en Singapoer stig in Bangkok, Thailand, die ASEAN. 1974 – Richard Nixon bedank as Amerikaanse President. 1999 – Tito Mboweni word die eerste swart goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Geboortes 1709 – Johann Gmelin, Duitse botanis, geograaf en ontdekkingsreisiger in Siberië († 1755). 1881 – Ewald von Kleist, Duitse veldmaarskalk († 1954). 1903 – Nico Malan, administrateur van Kaapland († 1981). 1909 – Will Hickey, Suid-Afrikaanse skrywer († 1989). 1934 – Sam Nzima, Suid-Afrikaanse fotojoernalis († 2018). 1936 – Hans Strydom, Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en kunstenaar († 2004). 1941 – Earl Boen, Amerikaanse akteur († 2023). 1944 – Clem Sunter, Suid-Afrikaanse toekomskundige, scenario-beplanner, sakeleier en skrywer († 2026). 1949 – Ray Dalio, 'n Amerikaanse miljardêr-belegger en verskansingsfondsbestuurder. 1960 – Henning Pieterse, Afrikaanse skrywer en digter. 1963 – Johann Botha, Suid-Afrikaanse omgewingsaktivis en dokumentêrvervaardiger († 2017). 1964 – Klaus Ebner, Oostenrykse skrywer. 1970 – Chester Williams, Springbokrugbyspeler († 2019). 1981 – Roger Federer, Switserse beroepstennisspeler. 1988 – Prinses Beatrice van York, Britse koninklike en oudste dogter van voormalige prins Andrew, en Sarah Ferguson.
Sterftes 117 – Trajanus, keiser van die Romeinse Ryk (* 53). 1828 – Carl Peter Thunberg, Sweedse plantkundige (* 1743). 1944 – Erwin von Witzleben, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1881). 1963 – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1881). 2000 – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalistiesgesinde Herstigte Nasionale Party (* 1922). 2004 – Fay Wray, Amerikaanse aktrise (* 1907). 2005 – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise (* 1922). 2005 – Ilse Werner, Duitse aktrise en sangeres (* 1921). 2009 – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus en politikus (* 1937). 2010 – Patricia Neal, Amerikaanse aktrise (* 1926). 2012 – Japie Basson, Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party (* 1918). 2022 – Olivia Newton-John, Brits-Australies-Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1948). 2023 – Sixto Rodriguez, Amerikaanse musikant (* 1942). 2026 – Cass Abrahams, Suid-Afrikaanse Maleiersjef, restaurateur, kookboekskrywer (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Vadersdag in Taiwan.
Kategorie:Augustus