7 Augustus is die 219de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (220ste in skrikkeljare). Daar volg nog 146 dae in die res van die jaar.

Gebeure 767 – Pous Stefanus III volg Pous Paulus I op. 1316 – Pous Johannes XXII volg Pous Clemens V op. 1442 – Keiser Frederik III stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as hofdigter. 1587 – Pous Sixtus V stel William Allen, Engelse priester aan die Vatikaan, aan as kardinaal. 1794 – Boere in Pennsilvanië rebelleer teen federale belasting op drank, en begin die Whiskeyrebellie. 1795 – Die Slag van Muizenberg is 'n beslissende skermutseling wat die eerste Britse besetting van die Kaap inlui. 1814 – Pous Pius VII herstel die Jesuǐte in ere. 1883 – Die eertydse onafhanklike republiek, Stellaland, verenig met Goosen in die noorde van die Kaapkolonie. 1927 – Die Vredebrug tussen Fort Erie, Ontario en Buffalo, New York word in gebruik geneem.

1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde Magte land op Guadalcanal-eiland en die Slag van Guadalcanal begin. 1958 – Die duikboot USS Seawolf duik en kom eers weer op 6 Oktober na die oppervlakte. 1960 – Die Ivoorkus word van Frankryk onafhanklik. 1972 – Ugandese leier Idi Amin gee Asiate 90 dae om die land te verlaat. 1998 – Bomaanvalle op die VSA se ambassades in Dar es Salaam en Nairobi dood 224 en beseer meer as 4 500 mense. 1987 – ’n Amerikaanse vrou word die eerste persoon om oor die Beringstraat van die VSA na die Sowjet-Unie te swem. 2003 – Amrozi bin Nurhasyim word skuldig bevind aan die bomaanval op 'n nagklub in Bali in 2002 waarin 190 mense gesterf het.

Geboortes duimnael|Charlize Theron in 2008 1794 – Abraham Josias Cloete, Afrikaanse generaal in die Britse leër († 1886) 1876 – Margaretha Geertruida Zelle, meer bekend as Mata Hari († 1917) 1881 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) († 1959). 1895 – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres († 1970). 1916 – Lalie Beukes, Afrikaanse skrywer († 2009). 1920 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Nasionale Party in Natal († 1980). 1923 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler († 2012). 1928 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus († 2020). 1933 – Wilma Stockenström, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. 1942 – B.J. Thomas, Amerikaanse sanger en akteur († 2021). 1955 – Wayne Knight, Amerikaanse akteur. 1957 – Christiana Figueres, Costa Rica klimaataktivis. 1974 – Michael Shannon, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. 1975 – Charlize Theron, Suid-Afrikaanse Hollywood-rolprentaktrise. 1996 – Brendan Peyper, Afrikaanse sanger en akteur.

Sterftes 1560 – Anastasia Romanowna, die eerste vrou van Iwan die Verskriklike van Rusland (* 1530) 1941 – Rabindranath Tagore, Bengaalse digter en Nobelpryswenner (* 1861). 1957 – Oliver Hardy, Amerikaanse akteur (* 1892). 2000 – Tolla van der Merwe, Suid-Afrikaanse storieverteller en komediant (* 1943). 2012 – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan (* 1931). 2019 – Kary Mullis, Amerikaanse biochemikus (* 1944). 2021 – Markie Post, Amerikaanse aktrise (* 1950). 2025 – Jim Lovell, Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 13 (* 1928).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Feesdag van Pous Sixtus II in die Rooms-Katolieke Kerk. Onafhanklikheidsdag in die Ivoorkus (1960).

Kategorie:Augustus