4 Augustus is die 216de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (217de in skrikkeljare). Daar volg nog 149 dae in die jaar.

Gebeure 1496 – Die Spanjaarde onder leiding van Bartholomew Columbus, die broer van Christophorus Columbus, stig Santo Domingo, die oudste Europese nedersetting in die Amerikas en tans hoofstad van die Dominikaanse Republiek. 1578 – Marokkaanse magte verslaan Portugese troepe in die Slag van Alcazarquivir. 1609 – 'n Orkaan, wat oor Nieu-Engeland woed en waardeur 'n skip naby Bermuda vergaan, lewer die inspirasie vir William Shakespeare se toneelstuk The Tempest. 1690 – Pous Alexander VIII veroordeel die Galliese Vryhede. 1693 – Die tradisionele datum vir die uitvinding van sjampanje deur Dom Perignon. 1704 – Brits-Nederlandse troepe beset Gibraltar. 1730 – Pous Clemens XII stel sy neef Neri Maria Corsini, apostoliese protonotarius, aan as kardinaal. 1782 – Wolfgang Amadeus Mozart trou met Constanze Weber. 1782 – Die Grosvenor strand sowat 50 km noord van Port St. Johns. 1821 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word groot-penitentiarius van die Kurie en biskop van Frascati. 1903 – Pous Pius X volg Pous Leo XIII op as 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1912 – Die 53-jarige Noorweegse skrywer Knut Hamsun voltooi sy romantrilogie Die swerwer. 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe val België binne. Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Duitsland en die VSA verklaar neutraliteit. 1916 – Die VSA koop die Maagde-eilande (in die oostelike deel van die Karibiese see) vir $25 miljoen van Denemarke. 1931 – Kurt Tucholsky se beroemde stelling "Soldate is moordenaars" verskyn in die tydskrif Die Weltbühne. 1944 – 'n Nederlandse informant lei die Gestapo na waar Anne Frank en haar familie gevind word. 1954 – Nooiensvlug van Brittanje se eerste supersoniese vegvliegtuig, die P-1 English Electric Lightning. 1964 – FBI-agente ontdek die lyke van drie vermiste burgerregtewerkers by 'n dam naby Philadelphia, Mississippi. 1964 – Die Amerikaanse Lugmag begin met die bombardering van Noord-Viëtnam. 1983 – Thomas Sankara word President van Bo-Volta. 1984 – Bo-Volta wysig sy naam na Burkina Faso. 1990 – Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog land 'n Lufthansa-vliegtuig op die Oos-Berlynse Schönefeld-lughawe. 1991 – Die Griekse plesierboot die Oceanos vergaan langs die kus van Suid-Afrika. 1996 – Josia Thugwane word die eerste swart Suid-Afrikaanse atleet om 'n goue Olimpiese medalje te verower - tydens die Atlanta Olimpiese Spele in die marathon. 2010 – Keniaanse kiesers stem in 'n referendum ten gunste van 'n nuwe grondwet wat onder meer die president se bevoegdhede beperk. 2020 – ‘n Brand en verskeie ontploffings gevolg deur ‘n reuse ontploffing ruk die hawe van Beiroet in Libanon.

Geboortes 1521 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII), die 228ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1590). 1859 – Knut Hamsun, Noorweegse romanskrywer, Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1920 († 1952). 1900 – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin († 2002). 1901 – Louis Armstrong, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -sanger († 1971). 1904 – Helen Kane, Amerikaanse sangeres en aktrise († 1966). 1927 – Jean Lodge, Engelse aktrise († 2026). 1934 – Rutger Kopland, Nederlandse digter († 2012). 1935 – Ian Fleming, Engelse organiese chemikus. 1937 – Koos van der Merwe, Suid-Afrikaanse politikus († 2024). 1938 – John Gainsford, Springbokrugbyspeler († 2015). 1938 – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland († 2005). 1955 – Moya Brennan, Ierse sangeres. 1955 – Billy Bob Thornton, Amerikaanse akteur. 1955 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldswaargewigbokskampioen. 1958 – Steve Kekana, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2021). 1961 – Barack Obama, 44ste President van die Verenigde State van Amerika. 1971 – Jeff Gordon, Amerikaanse NASCAR-motorrenjaer. 1981 – Meghan, Hertogin van Sussex, Amerikaanse oud-aktrise en uitgetrede lid van die Britse koninklike familie. 1994 - Greg Joseph, Suid-Afrikaanse-Amerikaanse voetbalspeler. 1995 – Jessica Sanchez, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer.

Sterftes 1060 – Koning Henry I van Frankryk (* 1008). 1875 – Hans Christian Andersen, 'n Deense feëverhaalskrywer en digter (* 1805). 1927 – Josef Hammar, Sweedse militêre chirurg en avonturier (* 1868). 1938 – Pearl White, Amerikaanse aktrise (* 1889). 1953 – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid (* 1871). 1962 – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1926). 1981 – Melvyn Douglas, Amerikaanse akteur (* 1901). 1997 – Jeanne Calment op 122, sover bekend die oudste mens ooit. 1999 – Victor Mature, Amerikaanse akteur (* 1913). 2007 – Lee Hazlewood, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en platevervaardiger (* 1929). 2011 – Naoki Matsuda, Japannese sokkerspeler (* 1977).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:Augustus